Rand tel effens kop op ná verkiesing
Elvira Wood
Twee groot gebeure die afgelope naweek kan moontlik dié week 'n invloed op die rand hê.
Vrydag laat Suid-Afrikaanse tyd het pres. Donald Trump van die VSA se nuwe invoertariewe op Chinese goedere in werking getree, terwyl die resultate van die verkiesing Saterdagaand om 18:00 bekend gemaak is.
Die VSA hef sedert Vrydag invoertariewe van US$200 miljard op Chinese goedere.
Hoewel die rand Vrydag in aanloop tot die bekendmaking van die resultate van die verkiesing effens verstewig het, sal die ware invloed van dié twee gebeure waarskynlik eers Maandag nadat markte begin verhandel regtig gesien kan word.
Die rand het Maandagoggend teen R14,16 teenoor die dollar begin verhandel. Dit het vroegoggend reeds effens veld verloor en tot R14,23 teruggesak.
Die rand verhandel teen R18,50 teenoor die Britse pond en R15,96 teenoor die euro.
Met hulpbronne staan sake soos volg:
• Goud: US$1 283,94 per fynons.
• Platinum: US$853 per ons.
• Olie: US$70,78 per vat.
Digitale geld
• Bitcoin: US$7 026,34
• Ethereum: US$190,79
– Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie