Rand sterkste sedert skommeling van kabinet
Nellie Brand-Jonker - Die rand het Vrydag ál laer geneig nadat die geldeenheid Donderdag sy sterkste vlak in April bereik het.
Die rand het teen 15:30 Suid-Afrikaanse tyd op die vlak van R13,13 teenoor die Amerikaanse dollar beweeg.
Donderdag het die rand tot R13,12 versterk, wat die sterkste vlak gedurende die dag se verhandeling in drie weke was.
John Cairns, valutastrateeg van RMB, sê die verswakking in die Amerikaanse dollar en euro tesame met ’n hernude invloei van kapitaal, het die rand laat versterk.
“Die skerp beweging wat Donderdag en oornag gesien is, hou meestal eerder met die dollar en die euro verband as iets spesifieks met die rand.”
Ook teenoor die euro is die rand die sterkste sedert einde Maart.
Cairns sê die groot nuus vir die plaaslike mark is die “terugkeer van buitelandse kontant na die effektemark”.
Donderdag het sowat R2 miljard ingevloei.
Navigare Sekuriteite het in ’n nuusbrief Vrydagoggend gesê die rand het van die slegste prestasie onder opkomende markte se drahandel (beleggers wat wins maak uit die wisselkoersbewegings) in Maart na die beste in April geswaai.
“Die rand het in April 2,3% se opbrengs gelewer vir beleggers wat dollars geleen het om geldeenhede te koop wat ’n hoër opbrengs lewer, vergeleke met 1,5% van die Colombiaanse peso wat die tweede beste opbrengs gelewer het . . .”
Volgens Navigare het die rand ook beter gevaar as die gemiddelde van die agt ontwikkelende lande in die Bloomberg Cumulative Emerging-Market Carry-indeks.
“Suid-Afrika se geldeenheid is besig om te herstel van die 10%-daling wat veroorsaak is deur pres. Jacob Zuma se kabinetskommeling verlede maand.” – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie