Rand stabiel al is VSA en China haaks
Elvira Wood – Die rand het Dinsdag vroeg weer tot onder die R15-vlak teenoor die dollar verstewig. Die geldeenheid het op R14,90 teenoor die dollar verhandel.
Dit ondanks die dollar wat wêreldwyd spiere gebult het nadat die VSA nog tariewe op Chinese invoer ingestel het.
Pres. Donald Trump het Maandag gesê die VSA gaan 10% invoertariewe op sowat $200 miljard se Chinese invoer hef.
CNBC waarsku Trump het verder gemaan dat sou China weerwraak neem en ook tariewe hef, sal “ons onmiddellik na fase drie oorgaan waar ons tariewe op sowat $267 miljard bykomende invoer sal hef”.
“Die mark het op die nuus gereageer deur die dollar ’n hupstoot teenoor geldeenhede soos die euro, Britse pond en Australiese dollar te gee,” sê Junichi Ishikawa, senior valutastrateeg by IG Securities in Tokio, Japan.
“Geldeenhede in ontluikende markte is ook onder druk wat die dollar verder gehelp het. Die groot kommer tans is hoe China gaan reageer.”
Die rand het op R19,62 teenoor die Britse pond en op R17,44 teenoor die euro verhandel.
Met die hulpbronne staan sake só:
· Goud: $1 198 per fynons
· Platinum: $799 per fynons
· Olie: $77,59 per vat
Digitale geld
· Bitcoin: $6 242,04
· Ethereum: $196,25 – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie