Rand staan stil, olie kruip hoër
Elvira Wood – Die rand verhandel steeds teen R14,14 teenoor die dollar.
Dit is ongeveer dieselfde vlak as waarteen hy sedert Woensdag 26 September verhandel.
Die rand mag dalk tans die pas markeer, maar wanneer dit by olie kom, is daar ’n duidelike tendens om ál hoër te kruip.
Waar olie ’n maand gelede op $77,74 verhandel het, het dit vroeg Maandagoggend teen $83,16 verhandel.
Die Chinese nuustuiste Xinhuanet berig die groot rede vir hierdie styging is omdat die Organisasie van Petroleumuitvoerlande (Opul) ’n week gelede besluit het om nié produksie te verhoog nie.
Opul sê daar is steeds genoeg voorraad en daar is dus geen rede om produksie te verhoog nie.
Xinhuanet berig luidens sekere verslae het die hoeveelheid olie wat Iran uitvoer die afgelope vyf weke reeds drasties begin daal.
Dit is in aanloop tot sanksies wat deur Amerika toegepas gaan word.
Amerika beoog om geen olie van Iran af in te voer nie.
Die hoër olieprys en swakker rand gaan na verwagting die petrolprys in Suid-Afrika beduidend opstoot.
Hoewel die Sentrale Energiefonds nog nie teen vroeg Maandagoggend die petrolprys vir Oktober bekendgemaak het nie, is die verwagting dat dit in die binneland vir die eerste keer teen meer as R17 per liter gaan verkoop.
Die rand het op R18,42 teenoor die Britse pond en op R16,39 teenoor die euro verhandel.
Met die hulpbronne staan sake só:
· Goud: $1 188 per fynons
· Platinum: $813 per fynons
· Olie: $83,16 per vat
Digitale geld
· Bitcoin: $6 632,77
· Ethereum: $232,90
– Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie