Rand spartel voort
Elvira Wood – Die rand kan maar net nie behoorlik vastrapplek kry nie.
Die geldeenheid het Woensdag weer wisselvallig verhandel.
Waar hy in ’n stadium tot R14,16 teenoor die dollar verstewig het, het hy weer later tot R14,74 teruggesak.
Hy het vroeg Donderdagoggend weer tot R14,46 herstel.
Die rand was Woensdag reeds wisselvallig nadat die Turkse regering aangekondig het hy gaan invoertariewe op sekere Amerikaanse produkte instel.
Die nuus dat Moody’s voorspel die pas waarteen Suid-Afrika se fiskale konsolidasie gaan plaasvind, gaan stadiger wees as wat die regering voorspel, het net sout in die geldeenheid se wonde gevryf.
Boonop het Naspers, die grootste genoteerde maatskappy op die JSE volgens markwaarde, teen 14:15 met meer as 7% tot R3 090,85 teruggesak.
Dit volg nadat die Chinese tegnologiemaatskappy Tencent, waarin Naspers ’n belang van 31% besit, se verdienste beduidend laer was as verwag.
Die rand het ook teenoor ander internasionale geldeenhede teruggesak.
Hy het Donderdagoggend vroeg teen R18,39 teenoor die Britse pond en R16,46 teenoor die euro verhandel.
Met die hulpbronne staan sake vroeg Donderdagoggend só:
· Goud: $1 172 per fynons
· Platinum: $768 per fynons
· Olie: $70,94 per vat
Digitale geld
· Bitcoin: $6 226,23
· Ethereum: $283,22 – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie