Rand se donker week duur voort
Elvira Wood – Die rand het voorwaar ’n nare week agter die rug.
Die geldeenheid het dié week reeds meer as 4% teenoor die dollar verswak.
Dit het in ’n stadium Maandag teen R13,58 teenoor die Amerikaanse geldeenheid verhandel, maar het Vrydagoggend vroeg teen R14,14 verhandel.
Die laagtepunt dié week was Donderdagmiddag toe die eenheid in ’n stadium tot R14,27 teruggesak het.
Hoewel internasionale gebeure die dollar ondersteun het en dit druk op die rand geplaas het, het die gebeure rondom die kragverskaffer Eskom dit net verder laat terugsak.
Eskom word deur kredietgradeerders as die grootste risiko vir Suid-Afrika se kredietwaardigheid beskou.
Suid-Afrika waarborg sowat R350 miljard van Eskom se R420 miljard skuld.
Eskom het reeds R240 miljard van dié waarborg gebruik.
Die kredietgradeerder Moody’s Investor Service – die enigste kredietgradeerder wat nog nie die land se
kredietgradering tot onder beleggingsgraad afgegradeer het nie – het vroeër die week gewaarsku dat die
jongste onthullings oor Eskom nie goeie nuus vir die land se gradering is nie.
Die rand het Vrydagoggend teen R18,10 teenoor die Britse pond en R15,96 teenoor die euro verhandel.
Met die hulpbronne staan sake soos volg:
· Goud: $1 312,60 per fynons.
· Platinum: $784 per ons.
· Olie: $64,97 per vat.
Digitale geld
· Bitcoin: $3 577,29
· Ethereum: $121,35 – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie