Rand kry dwarsklap uit Italië
Volgens Investec se hoofekonoom laat kommer in Europa oor Italië se staatskuld die euro terugsak en gee dit die dollar ’n verdere hupstoot.
Elvira Wood – As dit nie die dollar is nie, dan is dit die Turkse lira, en as dit nie die lira is nie, is dit nou die euro wat die rand grys hare gee.
Annabel Bishop, hoofekonoom van Investec, skryf in ’n nota kommer in Europa oor Italië se staatskuld het die euro laat terugsak en die dollar ’n verdere hupstoot gegee.
Die dollar het juis dié week sterker verhandel nadat Amerika en Kanada Sondagaand aangekondig het dat hulle tot ’n gelyk gekom het oor ’n nuwe handelsooreenkoms wat Mexiko insluit.
Die nuutste syfers dui daarop dat Italië se staatskuld in 2019 tot 2,4% van sy bruto binnelandse produk (BBP) kan styg.
Die Europese Unie vereis dat lidlande se staatskuld minder as 2% van BBP moet wees.
Wat nóg druk op die euro geplaas het, was Claudio Borghi, hoof van ekonomiese beleid van die Lega-party, wat gesê het “ek is heeltemal oortuig daarvan dat Italië die meeste van sy probleme kan oplos as hy sy eie geldeenheid gehad het”.
Die Lega-party is tans die regerende party in Italië.
Bloomberg berig dat luidens die Italiaanse koerant Corriere della Sera, blyk dit uit ’n kabinetsvergadering wat Dinsdag gehou is, dié regering tog gaan toegee aan EU-vereistes.
Daar is glo nou sprake om wel teen 2021 skuld tot onder die 2%-vlak te bring.
Dié gebeure het egter die dollar ’n stewige hupstoot gegee, wat weer die rand beduidend laat verswak het.
Die rand het vroeg Woensdagoggend teen R14,38 teenoor die dollar verhandel.
Hy het teen R18,86 teenoor die Britse pond en R16,64 teenoor die euro verhandel.
Met die hulpbronne staan sake só:
· Goud: $1 206 per fynons
· Platinum: $831 per fynons
· Olie: $84,77 per vat
Digitale geld
· Bitcoin: $6 426,20
· Ethereum: $218,71 – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie