Rand en bitcoin markeer die pas
Elvira Wood – Die rand en die digitale geldeenheid bitcoin markeer vir eers die pas.
Die rand het vroeg Woensdagoggend teen R14,24 verhandel, wat presies dieselfde vlak is as waarteen hy Dinsdagaand gesluit het.
Bitcoin het ook meer bestendig teen $8 035,09 verhandel.
Die digitale geldeenheid het Dinsdag deur die loop van die dag deur die $8 000-vlak gebreek.
Wat die dollar betref, berig Reuters dat beleggers wag en kyk presies wat die invloed van die handelsoorlog tussen China en die VSA op valutaverhandeling gaan wees.
Waar die VSA Vrydag enorme invoertariewe op Chinese goedere ingestel het, het China kort daarna aangekondig hy gaan vanaf 1 Junie dieselfde met Amerikaanse goedere doen.
Nick Twidale, bedryfshoof van Rakuten Securities in Sydney, Australië, sê beleggers hou deurentyd die invloed van hierdie stryd op geldeenhede dop.
Die rand verhandel vroeg Woensdagoggend teen R18,38 teenoor die Britse pond en R15,96 teenoor die euro.
Met hulpbronne staan sake soos volg:
· Goud: $1 295,30 per fynons.
· Platinum: $856 per ons.
· Olie: $70,93 per vat.
Digitale geld
· Bitcoin: $8 035,09
· Ethereum: $229,28 – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie