Rand byt vas
Francois Williams en Bloomberg – Die rand het Dinsdagoggend stabiel vertoon en selfs effens versterk tot R13,38 teen die dollar ná die verstewiging teen die Amerikaanse geldeenheid sedert verlede week.
Die randsterkte is meer ’n geval van dollarswakheid nadat ekonomiese syfers uit Amerika ’n styging in werkloosheid tot 4% getoon het.
Teen die euro het die rand Dinsdag nog flukser verstewig tot R15,70 ná die vorige aand se sluiting op R15,75.
Brent-ruoliepryse was ’n halwe persentasiepunt hoër op $78,45 per vat. In Amerika is oliepryse rondom $74 per vat te midde van ’n daling in ruolievoorraad.
In Asië het aandeelpryse gestyg en die Amerikaanse beurse se stygings oornag gevolg. Aandeelpryse in Japan, Hongkong en Suid-Korea was hoër nadat die S&P500-indeks in New York geklim het. Die beurse in Shanghai en Sydney was egter swakker.
Kommer oor Amerika se handelsoorlog met China het effens getaan, want dit blyk pres. Donald Trump het vir eers sy aandag verskuif na die keuse van ’n nuwe regter vir die Amerikaanse hoogste hof en na sy komende besoek aan Europa.
Die groot Amerikaanse banke JPMorgan Chase & Co en Wells Fargo maak later vandeesweek hul resultate bekend, en die verwagting is dat sterk resultate die mark positief kan stem.
In Brittanje is die pond nog onder druk ná die bedanking van senior kabinetsministers wat onderhandelings oor Brexit (Brittanje se onttrekking aan die Europese Unie) kan beduiwel. -Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie