Rand bly besluiteloos
Elvira Wood – Nie eens pres. Cyril Ramaphosa se onbestrede verkiesing tot president in die Nasionale Vergadering kon Woensdag die rand laat glimlag nie.
Die geldeenheid verhandel al die heel week teen om en by R14,40, ongeag plaaslike én internasionale gebeure.
Dié week is ’n belangrike week vir Suid-Afrika, nie net wat die politiek en die inhuldiging van Ramphosa Saterdag in Pretoria as president betref nie, maar ook die Reserwebank se besluit Donderdag oor rentekoerse en die kredietgradeerder Standard & Poor’s Global Services se besluit Vrydagaand oor die land se kredietgradering.
Internasionaal is daar steeds kommer oor wat die invloed van die handelsoorlog tussen die VSA en China op wêreldmarkte gaan wees.
Tog het die rand, net soos elke dag dié week, nie veel verander nie en het hy vroeg Donderdagoggend teen R14,39 teenoor die dollar verhandel. Die rand het teen R18,19 teenoor die Britse pond en R16,04 teenoor die euro verhandel.
Met hulpbronne staan sake soos volg:
· Goud: $1 273,62 per fynons
· Platinum: $801 per ons
· Olie: $70,40 per vat
Digitale geld
· Bitcoin: $7 630,02/R117 001
· Ethereum: $238,91/R3 700
– Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie