Ramblers hou jaarlikse bonanza vir jeug
Ramblers hou jaarlikse bonanza vir jeug

Ramblers hou jaarlikse bonanza vir jeug

Sokker
Die voorste jeugakademie in Namibiese sokker, Ramblers, bied komende naweek 'n toernooi vir 74 junior spanne van tien akademies aan.

Die Swakopmund-sokkerklub en hul buurspan Teenagers sal teen die gasheerspan Ramblers, Sport Klub Windhoek, DTS, Kaizen-sokkerakademie, Swallows, Athletic Club, Fortis en Football School Windhoek opgeweeg word in die driedaagse toernooi wat Vrydagmiddag begin.

Die toernooi vir spanne vanaf onder 7 tot o.17 word by die Ramblers-sportveld asook by Windhoek Affies se veld by Wanderers gespeel.

Die Ramblers-akademie het onlangs 'n sterk hupstoot gekry toe Ohlthaver & List 'n borgskap van drie jaar aangekondig het om sy ontwikkeling van jeugsokker te help aandryf.

Organiseerders het ook aangekondig dat 'n talentjagter uit Suid-Afrika die jeugspelers op o.17-vlak sal deurkyk met die hoop om uitstaande presteerders te nooi vir proewe by klubs in die buurland.

Ramblers-sokkerklub, gestig in 1945, het oor die afgelope elf jaar sy ­sokkerakademie met gefokuste ywer opgebou tot een van die grootste in die land. Verskeie jong spelers het deur die klub se akademie gevorder om hul sokker vir klubs in die Namibiese premierliga te speel.

Die akademie het ook verskeie toere onderneem om hulle aan internasionale kompetisies bloot te stel.

Gewese Ramblers-spelers soos Michael Pienaar, Rudolf Bester en Henrico Botes het later internasionale sokker gespeel.

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!