Ramaphosa 'voel tuis in Zimbabwe'
Pres. Cyril Ramaphosa is Maandagaand deur pres. Emmerson Mnangagwa in Harare, Zimbabwe, verwelkom.
Hulle sou Dinsdag as die voorsitters op 'n vergadering van die binasionale kommissie tussen Suid-Afrika en Zimbabwe optree.
'n Staatsbanket is Maandag gehou.
Die kommissie is in 2015 op die been gebring en is die hoogste besluitnemingstruktuur wat samewerking tussen die twee lande betref.
Mnangagwa en Ramaphosa het mekaar Dinsdagoggend op Twitter “gegroet”.
Mnangagwa sê op Twitter dit is 'n eer om Ramaphosa in Zimbabwe te verwelkom en hy sien uit na 'n vrugtevolle besoek.
Mnangagwa sê die krag en diepte van hul verhouding kan as “die toppunt van broederskap” gesien word omdat hulle 'n gemeenskaplike verlede en toekoms deel.
Hy beskryf Ramaphosa as 'n ware bondgenoot, waarna Ramaphosa hom op Twitter vir die verwelkoming bedank het.
Ramaphosa sê Zimbabwe is 'n tuiste vir baie Suid-Afrikaners wat daar toevlug moes soek tydens kolonialisme en apartheid.
“Ons voel voorwaar tuis hier,” het Ramaphosa getwiet.
– Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie