Ramaphosa: ANC moet na binne kyk
Ramaphosa: ANC moet na binne kyk

Ramaphosa: ANC moet na binne kyk

Die Suid-Afrikaanse president sê die land het nou 'n geskiedkundige geleentheid om eens en vir altyd die grondkwessie op te los.
Die ANC moet die faktore erken wat bygedra het tot die stadige pas van grondhervorming, sê pres. Cyril Ramaphosa.

Hy het op die ANC se beraad oor grondhervorming in Boksburg gesê die ANC moet teenoor homself erken die stadige vordering met grond­hervorming kan tot 'n groot mate toege­skryf word aan onder meer swakhede in dié instellings wat verantwoordelik is om beleid deur te voer, teenstrydighede in wetgewing, misleide ingrypings en die wanaanwending van bronne.

“Dit is krities dat ons aandag gee aan die probleme wat die hoëvlak-paneel (wat gelei is deur oudpres. Kgalema Motlanthe) geïdentifiseer het.”

Ramaphosa het dié verslag as “ 'n indrukwekkende stuk werk” beskryf.

Die georganiseerde landbou en talle kenners hou al lankal vol die probleem met grondhervorming lê nie in die beleid nie, maar in die gebrekkige toepassing daarvan.

140 000 VOORSTELLE

Die parlement het al sowat 140 000 voorstelle van Suid-Afrikaners ontvang oor hoe die grondkwessie gehanteer behoort te word, sê die ANC-leier.

Hy sê Suid-Afrika het nou 'n geskied­kundige geleentheid om eens en vir altyd die grondkwessie op te los.

“Kom ons gryp die oomblik aan. Ons verantwoordelikheid is om seker te maak dat ons 'n omvangryke, koherente en volhoubare hervormingsplan het vir grond- en landbouhervorming, sowel as die ongelykheid met beskikbare grond.

“Dit beteken ons moet alle moont­likhede ondersoek om betekenisvolle hervorming van restitusie, herverspreiding en verblyfreg teweeg te bring. Dit vereis 'n verskeidenheid ingrypings, die hantering van diverse behoeftes oor 'n wye verskeidenheid omstandighede — alles onder 'n oorkoepelende grondhervormingsraamwerk,” sê Ramaphosa.

“Hierdie beraad moet die nodige leiding verskaf oor hoe ons onteiening sonder vergoeding trefkrag kan gee aan grondhervorming en die herverspreiding van grond.

“Ons moet krities en eerlik kyk na die invloed van die wetgewing oor transformasie en die progressiewe programme wat ons die afgelope 24 jaar in werking gestel het.

“Dit is nodig dat ons gaan kyk na die ervaringe van ander lande wat grondhervorming doeltreffend toegepas het om armoede en ongelykheid aan te pak.

“Ons moet ook ons eie innoverende pogings, soos die 50/50-model waarin gevestigde boere in 'n gesamentlike onderneming met plaaswerkers gaan, evalueer,” sê Ramaphosa.

“Ons moet krities kyk na hoe ons die bevoordeeldes van grondhervorming kan bystaan.”

Oudpres. Jacob Zuma het ook die beraad bygewoon. - Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!