Radiolegende groet
Radiolegende groet

Radiolegende groet

Fanie Lategan was ’n wêreldreisiger en passievolle aanhanger van klassieke musiek.
Elvira Hattingh
Elvira Hattingh - Die alombekende radio-omroeper van die nasionale uitsaaier (NBC), Fanie Lategan, is Donderdag (28 Maart) in die rype ouderdom van 73 jaar oorlede.

Lategan, wat veral bekend was vir sy program Morning Cup of Java, waarvan hy vir meer as 18 jaar lank die vervaardiger en mede-aanbieder was, het in 1981 reeds as vryskut-omroeper vir die destydse Suidwes-Afrika Uitsaaikorporasie (SWAUK) begin werk.

Die bekende orrelis Johan Pieterse sê Lategan is Donderdagaand kort voor middernag weens longontsteking-komplikasies oorlede.

Dié twee se lewenspaaie loop reeds 45 jaar lank saam.

“Hy is aanvanklik weens bloedklonte in sy linkerbeen in die hospitaal opgeneem.

Die gevaar het bestaan dat sy been geamputeer moes word, maar voor uitsluitsel hieroor gekry is, het Lategan longontsteking opgedoen.

“Hy was agt dae lank in die intensiewesorgeenheid, maar sy longe het nie herstel nie. Hy was ’n roker en ook nie meer jonk nie,” sê Pieterse.

Hy sê daar is baie waarvoor hy Lategan sal onthou.

“Ek sal hom onthou vir sy nederigheid, sy vriendelikheid teenoor almal en sy professionaliteit. Hy het sy werk as omroeper baie ernstig opgeneem en het ‘n nuuskierige geaardheid gehad – veral oor die wêreld.

“Hy het dikwels gereis en wou nie stilsit nie. Hy wou altyd nuwe plekke sien. Toe hy jonk was, het hy op ‘n sytak van die Amasonerivier gaan roei om nuwe Indiaan-stamme te ontmoet.

“Hy was in Moskou, St. Petersburg, Hongkong, New York en San Francisco. Hy het baie gereis en was baie lief vir klassieke musiek – dit was ‘n passie.

“Hy het self klavier gespeel en Bach was sy groot held,” sê Pieterse.

Lategan het in sy testament versoek geen diens of bymekaarkoms moet ná sy dood gehou word nie – hy wou net veras word.

“Hy wou eenvoudig gaan,” sê Pieterse.

Lategan word oorleef deur ‘n suster en haar man, wat in die Vrystaat woon.

Sy ander suster is enkele maande gelede oorlede, en Pieterse sê haar skielike heengaan het Lategan geruk.

NBC se Raymond Thikukutu het aan Namibian Sun gesê Lategan was ‘n mense-mens wat altyd positief was.

“Ek het Lategan lank geken, en hoewel ons nooit saam op dieselfde program gewerk het nie, het ek baie van hom en sy werksetiek geleer,” het Thikukutu gesê.

Ilke Platt, voormalige omroeper, wat tans in die openbare betrekkinge-bedryf werksaam is, sê Namibië het ‘n pionier op die gebied van radio-aanbieding verloor.

“Hy het elke program aangebied asof dit sy laaste is. Ek is verpletter. My diepste meegevoel met sy familie en geliefdes,” sê Platt.

Franklin Newman, wat Freestyle Fridays op NBC-radio aanbied, sê Lategan was ’n kenner op sy gebied en die Namibiese radiobedryf het ’n mentor verloor.

“Toe ek by NBC begin werk het, was hy reeds afgetree, maar ek het hom raakgeloop. As dit by mentorskap kom, was hy vir my en baie ander mense iemand om na op te kyk. Ons het beslis ’n legende verloor,” het Newman aan Namibian Sun gesê.

Kommentaar

Republikein 2024-04-18

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Chelsea 6 vs 0 Everton LaLiga: Osasuna 0 vs 1 Valencia SerieA: Atalanta 2 vs 2 Hellas Verona | Fiorentina 1 vs 1 Genoa European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 0 Preston North End English Championship: Southampton 3 vs 0 Preston North End Katima Mulilo: 18° | 34° Rundu: 18° | 33° Eenhana: 20° | 36° Oshakati: 22° | 35° Ruacana: 21° | 35° Tsumeb: 20° | 33° Otjiwarongo: 18° | 32° Omaruru: 20° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 16° | 24° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:51, High tide: 13:03, Low Tide: 18:49, High tide: 01:16 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 06:49, High tide: 13:01, Low Tide: 18:47, High tide: 01:14 Walvis Bay: 17° | 26° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 06:49, High tide: 13:00, Low Tide: 18:47, High tide: 01:13 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 21° | 35° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 15° | 28° Ariamsvlei: 21° | 35° Oranjemund: 15° | 24° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 30° Lubumbashi: 16° | 25° Mbabane: 15° | 26° Maseru: 11° | 24° Antananarivo: 10° | 24° Lilongwe: 17° | 24° Maputo: 19° | 30° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 24° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 15° | 26° Dar es Salaam: 23° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° Currency: GBP to NAD 23.7 | EUR to NAD 20.33 | CNY to NAD 2.63 | USD to NAD 19.05 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.02 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.62 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.1 | USD to AOA 832.83 | USD to BWP 13.77 | USD to EGP 48.37 | USD to KES 132.48 | USD to NGN 1147.53 | USD to ZAR 19.06 | USD to ZMW 25.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 72995.19 Down -0.01% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1521.3 Up +0.05% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13384.83 Up +0.17% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 29667.71 Up +0.91% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 384.15/OZ UP +0.68% | Copper US$ 4.39/lb UP +1.70% | Zinc US$ 2 828.40/T UP 0.27% | Brent Crude Oil US$ 86.99/BBP DOWN -0.0082 | Platinum US$ 934.67/OZ DOWN -0.0057 Sport results: Premier League: Chelsea 6 vs 0 Everton LaLiga: Osasuna 0 vs 1 Valencia SerieA: Atalanta 2 vs 2 Hellas Verona | Fiorentina 1 vs 1 Genoa European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 0 Preston North End English Championship: Southampton 3 vs 0 Preston North End Weather: Katima Mulilo: 18° | 34° Rundu: 18° | 33° Eenhana: 20° | 36° Oshakati: 22° | 35° Ruacana: 21° | 35° Tsumeb: 20° | 33° Otjiwarongo: 18° | 32° Omaruru: 20° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 16° | 24° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:51, High tide: 13:03, Low Tide: 18:49, High tide: 01:16 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 06:49, High tide: 13:01, Low Tide: 18:47, High tide: 01:14 Walvis Bay: 17° | 26° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 06:49, High tide: 13:00, Low Tide: 18:47, High tide: 01:13 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 21° | 35° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 15° | 28° Ariamsvlei: 21° | 35° Oranjemund: 15° | 24° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 30° Lubumbashi: 16° | 25° Mbabane: 15° | 26° Maseru: 11° | 24° Antananarivo: 10° | 24° Lilongwe: 17° | 24° Maputo: 19° | 30° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 24° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 15° | 26° Dar es Salaam: 23° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.7 | EUR to NAD 20.33 | CNY to NAD 2.63 | USD to NAD 19.05 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.02 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.62 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.1 | USD to AOA 832.83 | USD to BWP 13.77 | USD to EGP 48.37 | USD to KES 132.48 | USD to NGN 1147.53 | USD to ZAR 19.06 | USD to ZMW 25.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 72995.19 Down -0.01% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1521.3 Up +0.05% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13384.83 Up +0.17% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 29667.71 Up +0.91% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 384.15/OZ UP +0.68% | Copper US$ 4.39/lb UP +1.70% | Zinc US$ 2 828.40/T UP 0.27% | Brent Crude Oil US$ 86.99/BBP DOWN -0.0082 | Platinum US$ 934.67/OZ DOWN -0.0057