Raak been-af op melk

10 November 2005 | Kollig
\nREGTE mans mag nou wel nie quiche eet nie, maar sal dalk melk drink.
\nDie hoeveelheid mans wat osteoporose opdoen wat hulle meer geneig tot beenbreke maak, neem voortdurend toe. Tog sal \'n groot glas gefortifiseerde, laevet-melk nét die ding wees om die gevreesde toestand te verhoed.
\nLuidens navorsers is \'n glas melk een van die maklikste, goedkoopste en mees doeltreffende wyses om ouderdomsverwante beendigtheid onder mans te verhoed.
\nAustraliese navorsers het 167 mans bo 50 uitgesoek en hulle gevra om daagliks \'n glas melk te drink wat met 1 000 mg kalsium en 800 eenhede vitamien D gefortifiseer is of om voort te gaan met hul gewone dieet.
\nDie mans se beenmineraal-densiteit - \'n teken van beensterkte - was oor \'n tydperk van twee jaar elke ses maande getoets.
\nUit die melkdrinkersgroep het navorsers bevind dat 88 persent daagliks gefortifiseerde melk gedrink het. Die mans het geen gewig opgetel nie.
\nTeen die einde van die studie was hul beenverlies sowat 1,6 persent minder as dié van die vergelykende groep. Daar was egter geen verskil in die densiteit van die ruggraat nie.
\nVolgens die navorsers was die persentasie beenverlies onder melkdrinkers baie minder. Hulle meen dat mans wat langer leef, toenemend met osteoporose gediagnoseer word. Tog drink mans nie gewoonlik baie melk nie.
\nHoewel die melk in die studie baie hoë vlakke kalsium en vitamien D bevat het as melk op die rak, bevat \"gewone\" melk sowat 300 mg kalsium en naastenby 100 eenhede vitamien D.
\nDie aanvulling van melk en ander kosprodukte met kalsium en vitamien D sal nie net beendigtheid in mans verhoog nie, maar ook in die algemene bevolking.
\nTerwyl vroue, wat meer geneig is tot osteoporose, dekades lank reeds aangemoedig word om melk te drink en kalsiumaanvullings te gebruik, het mans nie dieselfde boodskap ontvang nie.
\nDie jongste dieetriglyne stel voor dat mense drie glase melk per dag drink. Instede van \'n glas melk, sluit ander suiwel-opsies een koppie jogurt of 50 g kaas in. Dit bied sowat 900 mg kalsium en sowat 300 eenhede vitamien D.
\nIn die verlede was mediese navorsing hoofsaaklik toegespits op mans. Navorsing oor osteoporose het egter meer klem op vroue geplaas oor hul hoë risiko vir dié toestand. Nou kyk navorsers na albei geslagte in terme van osteoporose.\n

Soortgelyk

 

Covid-19: 20 sterftes, 151 nuwe gevalle

6 ure gelede | Gesondheid

Die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste het twintig nuwe Covid-19-sterftes aangemeld, die meeste daarvan op Gobabis (13 sterftes), wat dié sterftesyfer op 3 884...

Hardap se sluise dalk vanaand getrek

8 ure gelede | Omgewing

Die Hardapdam kan dalk laat vanaand 70% van sy kapasiteit bereik, wat beteken dié suidedam se sluise sal getrek moet word. Die dam was om...

Botswana-weermag nie aanspreeklik vir sterftes

8 ure gelede | Howe

Landdros Taboka Mopipi het beslis dat Botswsana se weermag (BDF) nie aanspreeklik gehou kan word vir die sterftes van die Nchindo-broers en hul neef, wat...

Vyf damme kry water

12 ure gelede | Omgewing

Teen gistermiddag om 14:50 het die Hardapdam nog sowat 289,3 m³ water per sekonde ingekry, terwyl nog drie ander nasionale damme sedert Maandag ‘n inloop...

Erkenning vir selfdegeslaghuwelike afgekeur

22 ure gelede | Howe

Drie regters in die Windhoekse hoërhoof het ‘n aansoek van die hand gewys om selfdegeslaghuwelike te erken tussen twee Namibiërs en hul buitelandse eggenotes. Hulle...

Lelies begin Sondag blom

22 ure gelede | Omgewing

Belangstellendes kan Sondag weer die lelieskouspel op die plaas Sandhof naby Maltahöhe bewonder wanneer die blomme na verwagting in die kleipan sal begin blom. Die...

Nóg reën word voorspel

22 ure gelede | Weer

Henriette Lamprecht – Met die weerprofete wat nóg reën voorspel, is dit veral die suidelike en sentrale gedeeltes van Namibië wat juig oor hul reënmeters...

Oranje: Oorstromings ‘haas onafwendbaar’

22 ure gelede |

Ronelle Rademeyer – ’n Volgende vloedgolf is in die Benede-Oranjerivier op pad en oewerboere is volgens berigte in die Suid-Afrikaanse media gewaarsku oorstroming lyk nou...

Weer vir 20 Januarie 2021

22 ure gelede | Weer

WEERWAAK: Tref voorsorg teen wyd verspreide donderbuie.BINNELAND: Gedeeltelik bewolk en warm in die Namib en die Zambezi- en Omaheke-streke met enkele buie. Elders bewolk en...