Raad verduidelik Zim-argitekte
Raad verduidelik Zim-argitekte

Raad verduidelik Zim-argitekte

Volgens mnr. Kevan McNamara is die minister van werke en vervoer se optrede "moontlik nie regverdig nie".
Augetto Graig
Augetto Graig - Die Namibiese Raad vir Argitekte en Bourekenaars se president, mnr. Kevan McNamara, het die afgelope week meer lig gewerp op die ministerie van werke en vervoer se besluit om Zimbabwiërs van registrasieverseistes kwyt te skeld.

Volgens hom is minister Alpheus !Naruseb se opdrag aan die raad om die 29 buitelandse argitekte en bourekenaars van sekere vereistes kwyt te skeld, "moontlik nie regverdig nie".

"Veral nie in die lig van die swak ekonomiese klimaat in Namibië en veral in die boubedryf nie,” het McNamara gesê.

McNamara erken die minister het wel die reg om opdrag vir kwytskelding te gee, en dat die raad in 2014 reeds ooreengekom het om dit toe te pas.

Toe het die raad die voorwaarde gestel dat ’n spesiale kategorie vir regeringsargitekte en regeringsbourekenaars geskep word, dat die spesifieke begunstigdes se name in die Staatskoerant gepubliseer word, en dat dit net van toepassing is op professionele lui wat deel is van 2012 se ooreenkoms tussen Namibië en Zimbabwe.

Hulle het ook aangedring daarop dat die kwytskelding slegs vir die duur van werkskontrakte tussen die regering en die betrokke individue sou geld, dat hulle nie privaat werk mag doen nie, dat hul lidmaatskapfooie moet betaal en ook opleiding in Namibiese bouwette en -kontrakte moet ontvang.

“Hoekom dit tot April 2017 geneem het om toe te pas, weet die raad nie,” het McNamara gesê.

“Hierdie spesiale regeringsregistrasiekwessie is in 2014 ingestem - byna drie jaar gelede en in 'n baie ander ekonomiese klimaat. Die tydsraamwerk moet behoorlik verstaan word.

"In daai stadium het die meerderheid professionele individue in die privaat sektor gewerk, aangesien dit baie meer winsgewend was as om vir die staat of die ministerie te werk.

"Die staat het dus moontlik sy bure se hulpbronne nodig gehad om kapitaalprojekte dwarsoor die land te bedien, nie net in Windhoek nie,” het hy gesê.

“Die ekonomiese klimaat en boubedryf het van 2014-'15 af verander en die ministerie en die staat moet dit erken en hierdie behoefte aan spesiale registrasie, of die betrokkenheid van buitelandse hulpbronne, hersien,” het hy gesê.

Volgens McNamara het die raad intussen reeds ondersoek ingestel na die geregistreerde argitekte en bourekenaars in Zimbabwe “en waarskynlik sal slegs diegene geregistreer word wat regtig in Zimbabwe as ervare professionele persone geregistreer is".

Hy sê ook volgens die ooreenkoms tussen die lande sal die Zimbabwiërs slegs vir die regering mag werk, en nie in die private sektor nie, en sal dit ook beperk wees tot hul diensperiode.

Die raad vereis ook dat hul professionele bevoegdheid jaarliks getoets sal word.

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!