Raad van kerke staan sterk teen aborsie
Denver Kisting – Die Raad van Kerke in Namibië (CCN), sê by monde van sy sekretaris-generaal, mnr. Ludwig Beukes, dit is dié liggaam se werk om die aandag te vestig op “die stem van die meerderheid van Namibiërs wat die Christelike geloof en waardes onderskryf” wat die voortslepende aborsiegesprek betref.
Volgens die CNN sou die wettiging van aborsie indruis teen artikel 6 van die Grondwet wat oor “die reg op lewe” handel. “Die reg op lewe – vir beide diegene wat gebore en ongebore is – word gewaarborg,” meen Beukes.
Hy sê die kerkgemeenskap gee toe “ons het ’n probleem met ongewenste swangerskappe, veral tienerswangerskappe, wat tot onveilige aborsies lei”.
Oplossings vir dié kwessie moet egter die wortel van die kwaad takel, het Beukes gisteroggend op ’n nuuskonferensie in die hoofstad gesê.
Hy meen “die kerk is bereid om te sorg vir kinders van diegene wat aborsie oorweeg en ’n veilige hawe vir hulle te skep. Ons is bereid om spirituele en pastorale versorging en berading te verskaf aan dié wat deur die gevolge van aborsie gaan – hetsy trauma, depressie, teistering deur skuldgevoelens en verwante uitwerking.”
Hy kon egter geen syfers verskaf van hoeveel hawelose kinders tans in kerke se sorg is nie.
Beukes het gesê die CCN doen ’n beroep op die versterking van die skoolleerplan om die skakels tussen seksopvoeding, moraliteit en lewensvaardighede in te sluit.
Gesondheidsdienste moet ook meer tienervriendelik gemaak word, sê hy.
Beukes gee toe die land stoei met die kwessie van afwesige pa’s.
Trouens, sê hy, as vrouelidmate uit die kerk verbied word, sal dié instellings waarskynlik hul deure moet sluit, sê hy.
Die CCN het geen probleem met wettige aborsies in die geval van verkragting en bloedskande en om mediese redes nie, sê hy. “Waarvan ons praat, is aborsie op aanvraag.” - [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie