Raad sit oor polisiehoof
Denver Kisting – Die Windhoekse stadsraad (CoW) sou gisteraand vir mnr. Abraham Kanime as hoof van die stadspolisie heraangestel het.
Kanime is in Maart verlede jaar met volle besoldiging geskors nadat hy glo CoW-geld gebruik het om vir ’n geding teen dié munisipaliteit te betaal.
Hy het onlangs daarin geslaag om die hof te oortuig om die CoW-raad te beveel om hom teen vandag weer aan te stel.
Die raad het gisteraad hieroor vergader, het CoW-woordvoerder, mnr. Harold Akwenye, bevestig. Republikein verneem die raad wil glo hê Kanime moet voortaan aan die voorsitter van die bestuurskomitee rapporteer en nie meer aan die uitvoerende hoof, mnr. Robert Kahimise, nie.
Dié twee base sit al ’n geruime tyd nie om dieselfde vuur nie.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie