Raad kom om konstruksie uit as te lig

Presidensie pak paneel se pyne

02 August 2019 | Regering
Denver Kisting



Die kabinet het die ministerie van werke en vervoer opdrag gegee om 'n nasionale konstruksieraad in die lewe te roep om die boubedryf te reguleer.

Dié liggaam sal volgens dr. George Simataa, die kabinetsekretaris, onder meer ten doel hê om die struikel­blokke te pak wat plaaslike kleiner ondernemings uit die boubedryf hou.

Simataa sê die hoëvlakpaneel oor die ekonomie het uitgewys plaaslike boumaatskappye steier onder “beduidende uitdagings” omdat hulle met buitelandse maatskappye meeding.

Hy sê die paneel meen die boubedryf trap klei weens die gebrek aan 'n ­instelling om dit te reguleer.

Naas spesifieke problematiese bepalings in 'n omstrede voorgestelde wet het die uitgerekte beraadslagings daaroor die private sektor en voornemende beleggers agterdogtig gemaak.

Weens die uitdagings rondom die Nuwe Wetsontwerp vir Gelyke ­Ekonomiese Bemagtiging (NEEEF) het die hoëvlakpaneel oor die land se ekonomie op klarigheid aangedring.

Volgens Simataa het dit die kabinet genoop om die wetsontwerp se afhandeling te bespoedig.

Simataa het gister op die tweede dag van die Ekonomiese Groei­beraad gesê dit is waarom pres. Hage Geingob Woensdag die versekering gegee het die wetsontwerp sal binne die volgende ses maande voor die ­parlement dien.

Ofskoon die 25%-vereiste, waarvolgens voorheen benadeeldes 'n kwart van alle besighede sou moes besit, geld dié en ander bepalings steeds wanneer mense met die regering sake doen, het Simataa benadruk.

Volgens die kabinetsekretaris wou die hoëvlakpaneel ook antwoorde hê oor wie voorheen benadeeldes is.

Dié mense, sê hy, is mense wat voor 21 Maart 1990 vanweë hul ras deur apartheid en kolonialisme benadeel is.

NEEEF gaan net van toepassing wees op mense wat met die regering sake doen en die wat om lisensiëring van natuurlike hulpbronne aansoek doen, sê hy.



VeRkrygingsraad kry ook aandag

Die hoëvlakpaneel het omvattende veranderinge aan die wet op openbare verkryging aanbeveel.

Hulle meen dit is nodig om die rolle tussen die uitvoerende direkteur en die voorsitter te verdeel.

Die paneel beveel ook aan bie-­dokumente word vereenvoudig om die verkrygingsproses te bespoedig en plaaslike besighede in staat te stel om deel te neem.

Simataa sê die kabinet stem in beginsel saam met die aanbevelings en het ingestem om die wet te hersien en die nodige wysigings aan te bring.

[email protected]

Soortgelyk

 

Geingob: Kabinet sien mense se woede oor kurrupsie

12 ure gelede | Regering

Pres. Hage Geingob het vanoggend vanjaar se die laaste kabinetsvergadering gelei.Hy sê die land se topleierskap is bewus van die huidige korrupsiestorm in die visbedryf,...

Von Bach, Daan Viljoen kry water

12 ure gelede | Omgewing

Die Von Bachdam is nou 2,5% voller as Maandag. Teen 09:00 vanoggend het 3,4 m³ water die dam elke sekonde binnegevloei. NamWater het pas ’n...

NHE to build houses in informal settlement

1 dag gelede | Infrastruktuur

The National Housing Enterprise (NHE) has embarked on a pilot study for the construction of houses for qualified land owners living in informal settlements.Speaking at...

Crafting a future

1 dag gelede | Mense

Elizabeth JosephFrancois Wahl studied B.Acc at Stellenbosch University and is a qualified chartered accountant. Since taking the seat as the CEO of Nictus Furnishers, he...

Oordragplanne van Hatuikulipi’s gefnuik

1 dag gelede | Misdaad

Ronelle Rademeyer - Die Teenkorrupsiekommissie (ACC) het gistermiddag by die aktekantoor in Windhoek beslag gelê op dokumente vir die oordrag van 15 deeltiteleenhede op Swakopmund...

Waarskuwing: Swaar storms tot Saterdag

1 dag gelede | Weer

Elvira Hattingh - Terwyl ’n vrou van Otjiwarongo Woensdag gesterf het toe reënwater haar meegesleur het, waarsku die Namibiese weerkantoor nog swaar storms kan tot...

Highly mechanised

1 dag gelede | Mense

Justicia Shipena Vivacious Marco Swart is a mechanical technician in the packaging engineering department at Namibia Breweries Limited (NBL) - a subsidiary of the Ohlthaver...

Compassion is the new fashion

1 dag gelede | Mense

Evany van WykMarizelle Pienaar lives by the motto, “the more you have to do, the more you get done.” She believes in being a balanced...

Never say never

1 dag gelede | Mense

Mariselle StofbergHester Uushona is a firm believer that being average in life is not an option. She strives towards making her mark while providing others...