RA-kantoor moet trek, handel kan wag
Augetto Graig
Die Paaieowerheid (RA) se kantoor belas met die uitreik van permitte vir swaarvoertuie en vragmotors met 'n abnormale vrag om die Namibiese grens oor te steek, het gister glo sonder voorafkennisgewing eenvoudig sy deure vir drie dae gesluit.
Die rede? Die kantoor, tans in Faradaystraat, verskuif en die personeel moet pak. Teen Sondag moet hulle uit wees.
Talle besigheidslui met aansoeke om permitte, insluitende taxi-eienaars, moes voor die geslote hek omdraai. Al die papiere is in bokse en geen permitte – dringend of nie – sal uitgereik word nie. Kom maar weer Maandag, is ontstoke aansoekers weggewys.
Van die sakelui waarmee Republikein gepraat het, moes noodgedwonge besighede in Suid-Afrika bel en sê hul vragmotors kan na Namibië vertrek nie. Abnormale vragte wat nou gestrand is, was veronderstel om onder meer konstruksiemateriaal deur Namibië na elders in die streek te vervoer.
By navraag het mnr. Simon Lukas, woordvoerder van die RA, die stand van sake bevestig. Personeel en toerusting moet na die RA se nuwe hoofkantoor in Mandume Ndemufayo-rylaan verskuif word en dienste kan dus nie gelewer word nie, het Lukas gesê.
“Die situasie is nie permanent nie, net tydelik,” het hy die private sektor gepaai.
Vrae van Republikein wat voor etenstyd aan Lukas gestuur is, was teen druktyd nog onbeantwoord. Die koerant wou onder meer weet hoe die RA sy besluit kan regverdig om oorgrenshandel in Namibië vir drie dae te belemmer.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie