RA-hoofkantoor ingewy

Die Paaieowerheid se N$290 miljoen-gebou huisves alle kernafdelings onder een dak.
Augetto Graig
Augetto Graig - Die Paaieowerheid (RA) se nuwe hoofkantoor van N$290 miljoen in Windhoek is Vrydag amptelik deur pres. Hage Geingob ingewy.

“As Namibiërs behoort ons trots te wees op ons padnetwerk, wat nie net ons eie plaaslike ontwikkeling ondersteun nie, maar ook dié van ons streek en die hele vasteland,” het die president gesê.

Hy het gesê die RA verdien respek vir die rol wat hy speel in die versekering dat Namibië se padnetwerk een van die bestes in die streek en in Afrika is.

Volgens Geingob speel die RA ’n geïntegreerde rol in die land se ontwikkeling deur die bestuur, beplanning, bou en ontwerp van paaie wat noodsaaklik is vir handel, industrialisering, maatskaplike ontwikkeling en streekintegrasie.

“Dit is my wens dat hierdie nuwe gebou beteken die Paaieowerheid gaan ’n groter rol in ons poging tot Namibië se welvaart speel,” het hy gesê.

Konstruksie van die seweverdieping-gebou het in 2014 begin en is in Februarie 2017 voltooi, hoewel krake in Maart 2017 in van die gebou se pilare opgemerk is.

Herstelwerk hieraan is in Desember 2018 voltooi.

Volgens die RA se raadsvoorsitter, mnr. Brian Katjaerua, sal die volle N$32 miljoen wat aan die herstelwerk bestee is van die aanspreeklike partye verhaal word.

“Die RA is tans besig met daai proses,” het hy gesê.

Katjaerua het die RA se prestasies en suksesse gedeel.

“Teen onafhanklikheid was ons teerpadnetwerk 4 572 km lank en dit is verleng tot sowat 8 500 km, wat ’n toename van 85,9% aandui.

“Wat die Harambee-welvaartsplan betref, moet die RA toesien dat die padnetwerk met 526 km tussen 2016-’17 en 2019-’20 vergroot word.

“Ek is bly om julle in te lig dat ons dié teiken reeds bereik het sedert die plan van stapel gestuur is deur die padnetwerk met 688 km te verleng,” het hy gesê.

Katjaerua het ook daarmee gespog dat die gehalte van Namibiese paaie volgens die Wêreld- Ekonomiese Forum se wêreld- mededingendheidsverslag die afgelope drie jaar die beste in Afrika is.

“Dit gee ons ’n mededingende voordeel bo ander Afrikalande,” het hy gesê.

“Die uitleg van ons infrastruktuur maak van Namibië nie net strategies ’n diensverskaffer van voorkeur nie, maar plaas die land ook in die regte posisie om buitelandse beleggers regstreeks te lok,” het Katjaerua gesê.

Hy het by die geleentheid planne vir verskeie groot padbouprojekte bekend gemaak.

Teen September behoort die dubbelbaanpad van die Okapukarivier tot by die Omakundarivier tussen Windhoek en Okahandja voltooi te wees.

Werk aan die res van die pad, tot by die aansluiting na Otjiwarongo net buite Okahandja, sal volg.

Verder vorder bouwerk en opgradering van die dubbelbaanpaaie tussen Swakopmund en Walvisbaai, en bouwerk aan die pad tussen Windhoek en die Internasionale Lughawe Hosea Kutako word voortgesit.

Die opgradering van die paaie tussen Swakopmund en Hentiesbaai na teerpaaie, asook die pad tussen Namalubi en Luhonono, vorder ook.

In die huidige boekjaar wil die RA ook begin werk aan seksie B van Onderombapa af deur Aminuis na Aranos, en die pad tussen Tses en die Gochas-kruising op die Mariental-Keetmanshoop-pad sal ook opgeknap word.

“Soos ons paaie is die RA-hoofkantoor ’n nasionale bate wat vir generasies sal voortbestaan,” het die RA se uitvoerende hoof, mnr. Conrad Lutombi, gesê.

Volgens sy kantoor sal sowat 180 RA-beamptes by die hoofkantoor werksaam wees, waar vakante poste ook gevul sal word.

Die nuwe hoofkantoor is op die hoek van Mandume Ndemufayoweg en David Hosea Meroroweg geleë.

Sowat 280 werknemers was by die konstruksie betrokke, met 39 subkontrakteurs en 12 kleiner besighede.

Hoëvlaktegnologie is vir die gebou se outomatiese bestuurstelsel ingespan, waardeur beligting, lugreëling, brandvoorkoming, CCTV, kragtoevoer en toegang tot die gebou beheer word.

Met ’n kafeteria en gimnasium verskaf die nuwe gebou ’n tuiste vir beamptes wat oraloor die hoofstad werk.

“RA-werknemers het nou ’n veilige omgewing ondersteun deur ’n atmosfeer waarin ons kliënte uitstekende diens kan bied. Alle kernafdelings word in een gebou gehuisves, wat ’n reusevoordeel in die bereiking van die nodige sinergie in werksaamhede is,” sê Katjaerua.

Kommentaar

Republikein 2024-03-28

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 37° Rundu: 17° | 33° Eenhana: 18° | 33° Oshakati: 20° | 31° Ruacana: 19° | 33° Tsumeb: 17° | 29° Otjiwarongo: 16° | 28° Omaruru: 18° | 31° Windhoek: 17° | 28° Gobabis: 17° | 28° Henties Bay: 16° | 19° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:54, High tide: 04:57, Low Tide: 22:58, High tide: 17:16 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 29km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:55, Low Tide: 22:56, High tide: 17:14 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 33km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:54, Low Tide: 22:56, High tide: 17:13 Rehoboth: 18° | 29° Mariental: 22° | 32° Keetmanshoop: 21° | 34° Aranos: 21° | 31° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 23° | 34° Oranjemund: 15° | 21° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 24° Mbabane: 15° | 23° Maseru: 12° | 28° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 29° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 28° Cape Town: 17° | 23° Durban: 21° | 25° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 18° | 30° Harare: 15° | 31° Currency: GBP to NAD 23.88 | EUR to NAD 20.44 | CNY to NAD 2.62 | USD to NAD 18.95 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.8 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.28 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1415.13 | USD to ZAR 18.95 | USD to ZMW 24.77 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 73909.5 Up +0.41% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1516.02 Down -0.13% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12981.98 Up +0.34% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28224.37 Down -2.87% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 214.61/OZ UP +1.09% | Copper US$ 3.98/lb DOWN -0.0004 | Zinc US$ 2 456.10/T DOWN -0.02% | Brent Crude Oil US$ 87.19/BBP UP +0.93% | Platinum US$ 908.00/OZ UP +1.47% Sport results: Weather: Katima Mulilo: 19° | 37° Rundu: 17° | 33° Eenhana: 18° | 33° Oshakati: 20° | 31° Ruacana: 19° | 33° Tsumeb: 17° | 29° Otjiwarongo: 16° | 28° Omaruru: 18° | 31° Windhoek: 17° | 28° Gobabis: 17° | 28° Henties Bay: 16° | 19° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:54, High tide: 04:57, Low Tide: 22:58, High tide: 17:16 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 29km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:55, Low Tide: 22:56, High tide: 17:14 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 33km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:54, Low Tide: 22:56, High tide: 17:13 Rehoboth: 18° | 29° Mariental: 22° | 32° Keetmanshoop: 21° | 34° Aranos: 21° | 31° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 23° | 34° Oranjemund: 15° | 21° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 24° Mbabane: 15° | 23° Maseru: 12° | 28° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 29° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 28° Cape Town: 17° | 23° Durban: 21° | 25° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 18° | 30° Harare: 15° | 31° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.88 | EUR to NAD 20.44 | CNY to NAD 2.62 | USD to NAD 18.95 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.8 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.28 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1415.13 | USD to ZAR 18.95 | USD to ZMW 24.77 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 73909.5 Up +0.41% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1516.02 Down -0.13% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12981.98 Up +0.34% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28224.37 Down -2.87% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 214.61/OZ UP +1.09% | Copper US$ 3.98/lb DOWN -0.0004 | Zinc US$ 2 456.10/T DOWN -0.02% | Brent Crude Oil US$ 87.19/BBP UP +0.93% | Platinum US$ 908.00/OZ UP +1.47%