RA en RFA bly onder vergrootglas

31 December 2003 | Politiek en nasionale nuus
DIE rilverhaal wat voor die presidensiële kommissie van ondersoek na die Padowerheid (RA) en Padfondsadministrasie (RFA) ontvou, sal aanstaande jaar in Windhoek voortgaan.
Agt en twintig persone het die afgelope maand hul mening gegee oor wat skort in die land se padadministrasie. Tot dusver het die anti-korrupsieskalpel egter nóg nie werklik beendiep geskraap nie.
Die mees omstrede onthulling is die onwaarskynlike verhaal van ingenieur Dolf van der Merwe en sy liefmeisie, me. Gogga van Jaarsveld.
Mnr. Van der Merwe, oud-streeksingenieur by die RA, het verlede jaar 13 ontbossingskontrakte ter waarde van sowat N$170 000 aan ondernemings toegeken waarby me. Van Jaarsveld betrokke was. Hy is in Oktober geskors weens korrupsie en bedrog - \'n beslissing waarteen hy appèlleer het.
Die paartjie se dade is aan die kaak gestel toe ontevrede werkers by die RA aangeklop het. Hulle beweer dat mnr. Van der Merwe hulle mishandel het en hulle steeds geld skuld.
Die bedroglig het ook helder geflits toe mnr. Lawrence Kiggundu, die RA se afdelingshoof vir netwerkbeplanning en ontwerp, se bankrekening deur die kommissie onder oë geneem is. Hy is verskeie kere versoek om sy huis te fynkam vir geskenke van konsultantefirmas.
Mnr. Kiggundu se dogter het \'n beurs van Windhoek Consulting Engineers (WCE) ontvang om siviele ingenieurswese te studeer aan die Universiteit van Kaapstad. Dit het die kommissie laat wonder of hy objektief was met die toekenning van tenders.
Natisvallei is uitgesonder as \'n bynes van \"laevlakkorrupsie\" (afdelingshoof Peter Thiemann se woorde). Die RA se hoofbestuurder, me. Rosa Nakalé, glo hierdie inligting is nog te sensitief vir die openbare oor.
Volgens mnr. Thiemann is ten minste een werknemer reeds ontslaan. Mnr. Nico Smit, wat Natisvallei namens die RA ondersoek, getuig volgende jaar.
Aan kleiner bewerings van omkopery en bedrog was daar ook nie \'n tekort nie.
Me. Nakalé glo dat me. Sophia Tekie van die Padbestuurstelsel (RMS) haar guns wou wen met \'n goue ring. Sy het gesê sy is nie \'n persoon vir ringe nie en dat dié \"onskuldige geskenkie\" in haar asblik beland het.
Getuienis word gekenmerk deur \'n bittere stryd tussen me. Tekie en die bestuur. Sy het volgens haar seniors \'n klein groepie kollegas gebreinspoel om teen hulle in opstand te kom. Volgens die groot kanonne is hierdie aantygings van alle waarheid ontbloot.
Me. Tekie self is ook voor stok gekry. Haar broer, mnr. Sam Belete, se onderneming Best Computers het werk van N$263 000 vir die RA gedoen.
Die rassismeslang het op meer as een geleentheid sy kop uit die gras opgetel.
Mnr. Fanie Pienaar, leier van die oorspronklike forensiese ouditspan, is oombliklik in die pad gesteek oor gerugte dat hy voor onafhanklikheid \'n lid was van Koevoet, Swapol se teeninsurgensie-eenheid. Hy oorweeg siviele eise weens karakterskending.
Mnr. Pienaar en sy span is op \'n omstrede wyse vir \'n hele oggend in \'n raadsaal by die RA toegesluit toe hulle hul speurtog wou begin.
Verskeie Duitssprekende ingenieurs, die meeste van oorsee, is uitgemaak as koloniale meesters wat nie die bemagtiging van Namibiërs op die hart dra nie.
Ander goue drade in die kommissieverhaal handel oor \'n peperduur inligtingstelsel wat na agt maande steeds nie ten volle operasioneel is nie, die betaling van spookwerkers en salarisse. Sowat 100 RA-werknemers is byvoorbeeld te veel betaal sónder om dié geld terug te betaal.
Die kommissie se wenkbroue het gelig oor Mnr. Runji se asembenemende salaris van N$844 000 per jaar - N$20 000 meer per maand as wat sy eweknie by die RFA verdien. Mnr. Runji se kontrak is in Junie vir drie jaar hernu sonder dat die pos geadverteer is.
Die kommissie gaan vanaf 12 Januarie sy visiere nog fyner op finansies instel. Die omstrede N$180 miljoen-pad tussen Okahandja en Otjiwarongo sal onder meer op die agenda wees. Konsultante sal dan kommentaar kan lewer op die teer-en-veer aantygings teen hulle.
Daar is 27 persone op die getuielys. Vyf van hulle was reeds in die stoel: me. Tekie, mnre. Kiggundu, Thiemann, Stefaans Poolman, RA-afdelingshoof vir onderhoud, en Titus Haimbili, die nuwe voorsitter van die RFA-direksie.

Soortgelyk

 

Covid-19: 20 sterftes, 151 nuwe gevalle

2 ure gelede | Gesondheid

Die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste het twintig nuwe Covid-19-sterftes aangemeld, die meeste daarvan op Gobabis (13 sterftes), wat dié sterftesyfer op 3 884...

Hardap se sluise dalk vanaand getrek

4 ure gelede | Omgewing

Die Hardapdam kan dalk laat vanaand 70% van sy kapasiteit bereik, wat beteken dié suidedam se sluise sal getrek moet word. Die dam was om...

Botswana-weermag nie aanspreeklik vir sterftes

4 ure gelede | Howe

Landdros Taboka Mopipi het beslis dat Botswsana se weermag (BDF) nie aanspreeklik gehou kan word vir die sterftes van die Nchindo-broers en hul neef, wat...

Erkenning vir selfdegeslaghuwelikke afgekeur

5 ure gelede | Howe

Drie regters in die Windhoekse hoërhoof het ‘n aansoek van die hand gewys om selfdegeslaghuwelikke te erken tussen twee Namibiërs en hul buitelandse eggenotes. Hulle...

Vyf damme kry water

9 ure gelede | Omgewing

Teen gistermiddag om 14:50 het die Hardapdam nog sowat 289,3 m³ water per sekonde ingekry, terwyl nog drie ander nasionale damme sedert Maandag ‘n inloop...

Lelies begin Sondag blom

19 ure gelede | Omgewing

Belangstellendes kan Sondag weer die lelieskouspel op die plaas Sandhof naby Maltahöhe bewonder wanneer die blomme na verwagting in die kleipan sal begin blom. Die...

Nóg reën word voorspel

19 ure gelede | Weer

Henriette Lamprecht – Met die weerprofete wat nóg reën voorspel, is dit veral die suidelike en sentrale gedeeltes van Namibië wat juig oor hul reënmeters...

Oranje: Oorstromings ‘haas onafwendbaar’

19 ure gelede |

Ronelle Rademeyer – ’n Volgende vloedgolf is in die Benede-Oranjerivier op pad en oewerboere is volgens berigte in die Suid-Afrikaanse media gewaarsku oorstroming lyk nou...

Weer vir 20 Januarie 2021

19 ure gelede | Weer

WEERWAAK: Tref voorsorg teen wyd verspreide donderbuie.BINNELAND: Gedeeltelik bewolk en warm in die Namib en die Zambezi- en Omaheke-streke met enkele buie. Elders bewolk en...