R1 mjd.-plan gee hoop vir Optimum-myn
R1 mjd.-plan gee hoop vir Optimum-myn

R1 mjd.-plan gee hoop vir Optimum-myn

Die myn lewer reeds sedert Desember geen steenkool aan óf Eskom óf die Britse maatskappy Vitol nie.
Elvira Wood – Die Optimum-steenkoolmyn behoort binne ses weke weer steenkool aan Eskom se Hendriena-kragstasie te kan lewer.

Dit kom nadat sakeredders, wat by dié myn aangestel is, en ’n konsortium, wat die African Exploration Mining and Finance Corporation (AEMFC) en die Lurco Groep insluit, ’n finansieringsooreenkoms van R1 miljard gesluit het.

Die myn lewer reeds sedert Desember 2018 geen steenkool aan óf Eskom óf die Britse maatskappy Vitol, met wie hy ’n verskaffingskontrak het nie.

Bouwer van Niekerk, prokureur vir die sakeredders verduidelik in ’n onderhoud met Netwerk24, dat dié ooreenkoms nié ’n koopkontrak is nie.

“Ons moes dringend ’n plan maak om die myn weer in bedryf te kry.

“Werkers word lank reeds nie betaal nie en so ook nie verskaffers nie.

“Hierdie ooreenkoms gaan ons net in staat stel om die myn weer aan die gang te kry,” sê hy.

Optimum, wat aan die Guptas se Tegeta Exploration and Resources behoort, is volgens Van Niekerk nié behoorlik in stand gehou toe dit deur dié omstrede familie bestuur is nie.

Finansiering moes dus dringend bekom word om die myn weer in bedryf te kan stel.

“Ons het al die maatskappye en groepe wat belanggestel het om die bates te koop om finansiering genader.

“Daar is op Maandag 18 Februarie ’n vergadering met belanghebbendes gehou en die besluit was om die AEMFC-konsortium se bod vir die finansiering te aanvaar,” sê hy.

“Ons is verheug dat die kontrak aan AEMFC toegeken is,” sê Sizwe Madondo, uitvoerende hoof van AEMFC, in ’n verklaring Dinsdagmiddag laat.

“Ons glo dat die toekenning van hierdie kontrak in nasionale belang is en fundamenteel tot die land se energiesekerheid is,” sê Madondo.

Die myn en verskeie ander Gupta-bates is in Februarie 2018 in sakeredding geplaas.

Burgh Group Holdings (BGH) bestuur tans die myn namens die sakeredders.

Van Niekerk sê een van die groot voordele om met dié maatskappy saam te werk is dat bankdienste aan die myn beskikbaar gestel het.

Hoewel BGH nie belangstel om die myn te koop nie het hy glo reeds aangedui dat hy tot tyd en wyl steeds sal help wat bankdienste betref.

“Ons is besig met onderhandelinge met verskeie banke om weer bankrekeninge vir die onderskeie myne te kan open,” sê Van Niekerk.

Optimum het net soos al die ander Gupta-maatskappy alle toegang tot bankdienste in Suid-Afrika verloor nadat eers die plaaslike banke en toe Bank of Baroda hul rekeninge gesluit het.

Van Niekerk sê die finale besonderhede van die ooreenkoms met die AEMFC-konsortium sal binnekort afgehandel word. Die onderhandelings sal spesifiek fokus op presies hoe die R1 miljard gehanteer word.

“Ons wil nié hê die myn moet finansieel verder belas word nie. Ons onderhandel dus oor hoe dié belegging in berekening gebring gaan word wanneer die myn verkoop word,” sê hy.

Verkoop

Die sakeredders het reeds in 2018 met planne begin om die myn, die Optimum-steenkoolterminus in Richardsbaai en die Koornfontein-steenkoolmyn te verkoop.

Project Halo het aan die einde van 2018 ’n bod van R3,6 miljard vir die bates ingedien. Project Halo word deur die Australiese bank Macquarie gerugsteun.

Die krediteure moet nou besluit of hulle dié bod gaan aanvaar.

Die AEMFC-konsortium sê in sy verklaring dat gegewe die feit dat hy nou finansiering aan die myn verskaf, moet hy ook as ’n moontlike koper van die myn oorweeg word.

AEMFC het in Januarie gesê hy wil ook ’n bod op die myne plaas. Die sakeredders het tóé gesê dit is te laat en dat die bod reeds aan Project Halo toegestaan is, hoewel dit onderhewig aan goedkeuring deur die krediteure is.

Dit is juis dié goedkeuring wat weens ’n geskil tussen die twee grootste krediteure, Eskom en Centaur Ventures, sloer.

Die rolspelers

· African Exploration Mining and Finance Corporation (AEMFC): Die staat se mynmaatskappy.

· Lurco Groep: ’n Suid-Afrikaanse groep wat deur ’n swart meerderheid besit word. Dit is deur Ellington Nxumalo en Aubrey Chauke gestig.

· Centaur Mining: Die mynmaatskappy wat die Guptas gehelp het om die Optimum- en Koornfontein-steenkoolmyne by Glencore te koop.

· Project Halo: Die maatskappy wat deur die Australiese bank Macquarie gerugsteun word.

· Burgh Group Holdings (BGH): Die Suid-Afrikaanse maatskappy wat tans die Optimum- en Koornfontein-myne bestuur.

“Die probleem is dat Centaur ’n geskil met Eskom verklaar het oor nie net wié die grootste krediteur is nie, maar wat die gewig van hul stemreg moet wees wat planne vir die myne betref,” verduidelik Van Niekerk.

Eskom word tans as die grootste krediteur beskou.

Centaur se sustermaatskappy het die Guptas gehelp om vir Optimum en Koornfontein te betaal.

Luidens staatskapingsverslag wat Thuli Madonsela, die voormalige openbare beskermer, in Oktober 2016 uitgereik het, het Centaur Mining South Africa R885,3 miljoen oftewel 35,7% van die bykans R2,7 miljard koopprys van die myne betaal.

“Tot tyd en wyl hierdie geskil nie opgelos is nie, kan geen plan aan die krediteure voorgelê word oor aan wie die myn verkoop moet word nie. Ons moet egter die myn in die tussentyd weer op dreef kry. Die befondsing deur die AEMFC-konsortium sal dit moontlik maak.”

Wat betref Koornfontein, sê Van Niekerk is dié myn nié by die transaksie ingesluit nie.

“Ons hoop om baie binnekort planne vir Koornfontein bekend te maak,” sê hy. – Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-03-28

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 37° Rundu: 17° | 33° Eenhana: 18° | 33° Oshakati: 20° | 31° Ruacana: 19° | 33° Tsumeb: 17° | 29° Otjiwarongo: 16° | 28° Omaruru: 18° | 31° Windhoek: 17° | 28° Gobabis: 17° | 28° Henties Bay: 16° | 19° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:54, High tide: 04:57, Low Tide: 22:58, High tide: 17:16 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 29km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:55, Low Tide: 22:56, High tide: 17:14 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 33km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:54, Low Tide: 22:56, High tide: 17:13 Rehoboth: 18° | 29° Mariental: 22° | 32° Keetmanshoop: 21° | 34° Aranos: 21° | 31° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 23° | 34° Oranjemund: 15° | 21° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 24° Mbabane: 15° | 23° Maseru: 12° | 28° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 29° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 28° Cape Town: 17° | 23° Durban: 21° | 25° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 18° | 30° Harare: 15° | 31° Currency: GBP to NAD 23.97 | EUR to NAD 20.54 | CNY to NAD 2.63 | USD to NAD 19.05 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.8 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.45 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.27 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1415.13 | USD to ZAR 19.05 | USD to ZMW 24.97 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 73909.5 Up +0.41% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1516.02 Down -0.13% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12981.98 Up +0.34% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28224.37 Down -2.87% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 199.60/OZ UP +0.40% | Copper US$ 3.98/lb DOWN -0.0019 | Zinc US$ 2 441.60/T DOWN -0.61% | Brent Crude Oil US$ 86.61/BBP UP +0.26% | Platinum US$ 896.95/OZ UP +0.23% Sport results: Weather: Katima Mulilo: 19° | 37° Rundu: 17° | 33° Eenhana: 18° | 33° Oshakati: 20° | 31° Ruacana: 19° | 33° Tsumeb: 17° | 29° Otjiwarongo: 16° | 28° Omaruru: 18° | 31° Windhoek: 17° | 28° Gobabis: 17° | 28° Henties Bay: 16° | 19° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:54, High tide: 04:57, Low Tide: 22:58, High tide: 17:16 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 29km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:55, Low Tide: 22:56, High tide: 17:14 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 33km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:54, Low Tide: 22:56, High tide: 17:13 Rehoboth: 18° | 29° Mariental: 22° | 32° Keetmanshoop: 21° | 34° Aranos: 21° | 31° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 23° | 34° Oranjemund: 15° | 21° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 24° Mbabane: 15° | 23° Maseru: 12° | 28° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 29° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 28° Cape Town: 17° | 23° Durban: 21° | 25° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 18° | 30° Harare: 15° | 31° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.97 | EUR to NAD 20.54 | CNY to NAD 2.63 | USD to NAD 19.05 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.8 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.45 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.27 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1415.13 | USD to ZAR 19.05 | USD to ZMW 24.97 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 73909.5 Up +0.41% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1516.02 Down -0.13% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12981.98 Up +0.34% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28224.37 Down -2.87% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 199.60/OZ UP +0.40% | Copper US$ 3.98/lb DOWN -0.0019 | Zinc US$ 2 441.60/T DOWN -0.61% | Brent Crude Oil US$ 86.61/BBP UP +0.26% | Platinum US$ 896.95/OZ UP +0.23%