Queen Sophia se skoolkoshuis kry nuwe baadjie

Maria Eiseb
Maria Eiseb - Die koshuis van die Primêre Skool Queen Sophia van Spanje, wat in 2002 in die Outjo-distrik oopgemaak het, is onlangs opgeknap.

Dít danksy 'n skenking van die Connected to Namibia-stigting (CTN), van Nederland, van sowat N$600 000.

Volgens mnr. Harry Ashipala, die skoolhoof, is onderwys 'n prioriteit vir die stigting, en help hulle minderbevoorregte kinders om ’n beter opvoeding te kry.

Ashipala het gesê die skool ontvang al sedert 2013 skenkings van die stigting. Dit sluit 'n biblioteek, onderwys- en sporttoerusting in. Volgens Ashipala is onder meer nuwe badkamers gebou, deure en vensters is vervang en daar is ook pleister- en verfwerk aan die geboue gedoen.

Watertoevoer, asook die rioolstelsel is vervang en die kragstelsel is herstel, het hy gesê.

Die konstruksiemaatskappy Nexus was ook deel van die projek en hulle het die konstruksiewerk gedoen.

Ashipala sê leerlinge uit die gemeenskap ondersteun tans die koshuis se etes, maar na die opknapping sal dié fasiliteit moontlik aan die regering oorhandig word.

"Die meeste koshuisleerlinge se ouers is plaaswerkers en kan nie bekostig om vir die kinders drie maaltye per dag te gee nie. Dit sal beter gaan as die regering oorneem," het hy bygevoeg.

“Dit was moeilik omdat dit 'n gemeenskapskoshuis is en die ouers se bydrae is maar swak," het Ahispala gesê.

Volgens hom is die koshuis nou skoon en dit voldoen aan die vereistes van die gesondheidsinspekteur.

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!