Qatar skort tydelik Windhoek-vlugte op
Qatar skort tydelik Windhoek-vlugte op

Qatar skort tydelik Windhoek-vlugte op

Twee lugrederye het hul Namibiese vlugte op ys geplaas.
Francoise Steynberg
Francoise Steynberg – Qatar Airways gaan tydelik sy vlugte op die Windhoek-roete opskort.

Die hoof van Qatar Airways in Namibië, me. Rasha Mohamad, het gister aan Republikein gesê dié besluit is ná deeglike oorweging geneem.

Die gewilde lugredery het reeds in Oktober verlede jaar alle vlugte na en van Windhoek gekanselleer.

Mohamad het toe gesê Qatar Airlines is bereid om hul vlugte weer in 2021 te hervat.

“Hopelik is ons voor April 2021 terug,” het sy gesê.

Destyds was “die beperkings en reisregulasies oor die algemeen om die land binne te kom” eenvoudig ’n te groot uitdaging vir die redery.

Die Covid-19-pandemie het sy tol wêreldwyd op lugreis geëis.

“Soortgelyk aan ander lugdienste oor die wêreld heen, het die pandemie beduidende operasionele uitdagings vir Qatar Airways geskep,” het Mohamad gister gesê.

“Hoewel ons steeds soveel as moontlik vlugte onderneem, bly talle roetes kommersieel onvolhoubaar weens die beduidende afname in die wêreldwye aanvraag na lugreise.”

Wat die tydelike opskorting van die Windhoek-vlugte betref, het Qatar Airways alle belanghebbendes en passasiers wat hierdeur geraak is, aangeraai om alternatiewe reisopsies na ander bestemmings in hul netwerk te oorweeg. “Passasiers kan ook volledige terugbetalings in ooreenstemming met ons buigsame reisbeleid kry,” het Mohamad verduidelik.

“Ons verstaan hoe belangrik dit vir baie van ons passasiers is om toegang tot vlugte te hê en ons wil hulle verseker dat ons steeds daartoe verbind is om soveel vlugte moontlik te onderneem.”

Volgens Mohamad word deurlopend hersiening gedoen en “die bedoeling is om vlugte weer in te stel in ooreenstemming met die terugkeer van normale toestande en markaanvraag”.

COMAIR

Intussen het Comair berigte in die sosiale media verwerp dat hy op 1 April sy vlugte vanaf Johannesburg na Windhoek gaan hervat.

Dié redery het by monde van sy openbare skakelagentskap, Meropa, gesê die hervatting van dié roete maak deel uit van sy plan om sy operasionele bedrywighede te hervat, maar dat die datum later bekend gemaak sal word.

Comair bedryf die lugdienste British Airways en Kulula in Suid-Afrika, maar is sedert verlede jaar in sakeredding.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 18km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 18km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 24km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° #REF! #REF!