Pyle vlieg in Marokko

Die jong Namibiese boogskietspan het behoorlik naam gemaak tydens die Afrika-kampioenskappe in Marokko en het die silwermedalje huis toe gebring.
ELIZABETH JOSEPH
Tielman van Lill

Quinn Reddig (16) en Adriaan Grobler (19) het as gemengde span tydens die Afrika-kampioenskappe in Rabat, Marokko, skoonskip gemaak om tot die finaal in die terugbuigboogafdeling (recurve) deur te dring.

Met uitstekende spanwerk en deursettingsvermoë het die Namibiese span dit reggekry om met die silwermedalje weg te stap.

Beide skutte het hulself goed van hul taak gekwyt en Reddig het tydens die uitdunrondes as die topvrou in Afrika by die kampioenskap gekwalifiseer.

Reddig het onlangs saam met Grobler en haar pa, mnr. Frank Reddi, van die senior Afrika-kampioenskappe in Marokko teruggekeer waar die twee junior skuts die silwermedalje in die gemengdespan-afdeling geoes het. Om die tweede beste in Afrika te wees, sit nie in enige atleet se broek nie.

Quinn, wat haar persoonlike beste telling met die terugbuigboog van 613 punte uit 720 tot 629 opgestoot het, skiet nou maar eers vir die afgelope agt maande op die uiters moeilike afstand van 70 meter.

Grobler het die ervaring baie geniet. “Die kompetisiegronde was van die beste waar ek nog was, en was verseker van internasionale standaard. Die baan was goed georganiseer en die teikens was van uiters goeie kwaliteit. Met die kwalifiserende ronde het ek gesukkel en kon nie lekker in die middel kom nie, maar Quinn aan die ander kant, was aan die brand en het haar beste telling met 13 punte verbeter en was eerste op die ranglys.”

Reddig se groot droom was om by die kampioenskap haar beste telling te skiet en vir die 2020 Tokio Olimpiese Spele te kwalifiseer. “Die kamp voor die tyd en die kompetisies was ’n groot leerskool vir my gewees. Ek moes weer eens leer om moed te hou, deur te druk en die omstandighede te hanteer wat goedsmoeds na my kant toe gegooi was,” sê Reddig.

“Omrede my boogkas vir die eerste drie dae soek was, kon ek nie behoorlik oefen nie en was ek baie gespanne, want sou dit wel gekry word? Ek moes maar net moed hou en nie vra hoekom dit juis nou met my moet gebeur nie. Ek het geweet alles is onder beheer, want dit was in God se hande.” Reddig se boogkas is uiteindelik opgespoor en die skut het haar goed van haar taak gekwyt.

“Ek het wel met vlieënde vaandels in my eerste doel geslaag en vir my was dit ? geweldige prestasie om as die topvrou in Afrika by die kampioenskap te kwalifiseer. Toe ek nie daarin kon slaag om as individuele skut vir die Olimpiese Spele te kwalifiseer nie, was ek bitter teleurgesteld in myself, maar dit was voordat ek al die feite en faktore in ag geneem het.

“Dit het later ingesink dat ek maar net 16 is en ’n jong atleet wat teen gesoute volwassenes moes skiet. Nog ’n faktor was dat ek nog nie eens behoorlik vir agt maande konstant op 70 m geskiet het nie. Met dit in ag geneem, het ek meer optimisties oor my vertoning gevoel en besef ek het eintlik baie meer bereik as wat ek ooit van kon droom,” het Reddig bygevoeg.

Reddig het waardevolle lesse uit die toernooi geleer. ““Om één mylpaal nie te bereik nie, is nie die einde van die wêreld nie. Ek het nogtans ’n nuwe les geleer en het dankbaar met ’n totaal nuwe visie huis toe gekom.”

Grobler sê verder die span het ondanks uitdagings, steeds hul man gestaan teen hul teenstanders. “In die spanrondes het ons twee bietjie aan die begin gesukkel, maar ons het weer reggekom en al die pad tot in die finale geskiet. Die volgende dag was individuele uitdunne en my eerste wedstryd het goed gegaan, al was ek effens op my senuwees. Die derde een was ongelukkig nie so goed nie en ek het uitgeval.”

Die span van Namibië het teen Egipte in die finaal te staan gekom en het beslis nie weggeskram van die uitdaging nie.

“Ek en Quinn het die span van Egipte goeie kompetisie gegee en het weggestap met die silwer. Die kompetisie was nie net lekker oor die boogskiet nie, maar ook al die mense wat ons leer ken het en die ondervindinge terwyl ons daar was. Ons het klomp ou vriende weer gesien en nuwe vriende gemaak. Dit is altyd ? plesier om te skiet saam met mense wat net so passievol is oor boogskiet soos ek en dit is ervaring wat ek altyd voor dankbaar sal wees,” het Grobler gesê.

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio European Championships Qualifying: Leicester City 2 vs 1 West Bromwich Albion English Championship: Leicester City 2 vs 1 West Bromwich Albion Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!