PwC: Du00edt is hoekom IMF nie help
PwC: Du00edt is hoekom IMF nie help

PwC: Dít is hoekom IMF nie help

Elvira Wood – Nie net kwalifiseer Suid-Afrika nie vir ’n reddingsboei van die Internasionale Monetêre Fonds (IMF) nie, maar hy het ook nie vir een gevra nie.

Dus is daar tans geen sprake dat die IMF vir die land ’n reddingsboei sal gee nie, het Lullu Krugel, senior ekonoom van die ouditfirma PwC, Woensdag tydens ’n bespreking oor die Suid-Afrikaanse ekonomie gesê.

Gedurende die bespreking in Melrose Arch, Johannesburg, is dit wat PwC verwag Tito Mboweni, minister van finansies, later in Februarie in sy begrotingsrede gaan sê, ook aangeraak.

“Ons het onlangs met die IMF oor die reddingsboei-kwessie gepraat. Hy het ons vinnig daarop gewys dat hy nie outomaties ingryp om reddingsboeie te gee nie. ’n Land moet self ’n aansoek om hulp by die IMF indien. Hy het bevestig dat Suid-Afrika dit nie gedoen het nie,” sê sy.

Krugel sê ook dat die IMF nié reddingsboeie gee nie, maar lenings.

“Suid-Afrika kan bloot nie nog lenings bekostig nie.”

Sy sê selfs al sou die land die IMF om geldhulp nader, weet sy nie of so ’n aansoek groot steun gaan kry nie.

“Daar gaan eers daadwerklike hervormings moet wees voordat dit goedgekeur sal word, dink ek.

“Die IMF is ook van mening dat dit beter is as ’n land sy probleme self oplos. Soos ons verstaan, glo hy dat Suid-Afrika steeds in staat is om sy eie probleme op te los.”

Krugel sê daar moet ook nie uit die oog verloor word nie dat Suid-Afrika reeds lenings by die IMF het.

“Die IMF steun dus reeds die land.”

Krugel sê Suid-Afrika word deur enorme ekonomiese uitdagings in die gesig gestaar.

“Een van die grootstes is sekerlik die gebrek aan sakevertroue in die land. Die een manier hoe ons die ekonomie aan die gang kan kry, is deur middel van private beleggers wat ondernemings begin wat op die uitvoermark fokus.

“ ’n Gebrek aan politieke en beleidsekerheid kniehalter egter beleggings in die land.”

Krugel sê ander uitdagings wat vanjaar baie druk op die plaaslike ekonomie gaan plaas, sluit in beurtkrag; ’n afname in wêreldhandel; die nuwe 2019-koronavirus; en fiskale druk.

Sy het verwag dat veral die afname in wêreldhandel reeds in 2019 ’n groot invloed op die plaaslike ekonomie sou hê.

“Dit lyk eerder of ons vooruitsig vir laasjaar vanjaar gaan realiseer.”

Krugel sê die bruto binnelandse produk op sy eie is nie die enigste maatstaf waaraan ’n resessie gemeet word nie.

Volgens haar is sy bekommerd dat Suid-Afrika se ekonomie in ’n tegniese resessie kan verval.

“Ons sal moet sien wanneer die groeisyfers vir die vierde kwartaal van 2019 bekend gemaak word, maar ek dink ons is dalk reeds in ’n tegniese resessie.”

“Kyk net na ons hoë werkloosheidsyfer en hoe laag sakevertroue is. Dit vertel klaar die storie,” sê sy.

Statistieke Suid-Afrika het Dinsdag bekend gemaak dat werkloosheid in die land steeds 29,1% is.

Wat egter kommerwekkend is, is dat werkloosheid volgens die uitgebreide definisie tot 38,7% (van 38,5%) gestyg het. Dit is vir die vierde kwartaal van 2019.

Krugel sê die enigste manier hoe die staat die ekonomie binne die volgende vyf jaar weer aan die gang kan kry, is om sakevertroue terug te wen.

“As ons sakevertroue wil terugwen, gaan ons dringend beleidsekerheid moet kry.” – Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!