Pupkewitz Toyota bly 'n leier
Pupkewitz Motor Group plaas veiligheid bo verkope.
Yochanaan Coetzee
Toyota se handelsmerk staan vir niemand terug nie, en omdat hulle wêreldwyd as een van die beste motorvervaardigers beskou word, streef hulle daarna om in alles wat hulle doen, vanaf ontwerp, tot verkope en meganiese dienste, net die beste te lewer.
“Die naam sê als. Toyota het oor byna 80 jaar 'n reputasie van puik gehalte, veiligheid en waarde vir geld opgebou,” het mnr. Jaco Barnard, verkoopsbestuurder by Pupkewitz Toyota, aan Republikein gesê.
“Die vertroue wat ons kliente in ons het, is vir ons baie belangrik en ons is heeltemal toegewy daaraan om die beste diens en produkte aan hulle te verskaf,” sê hy.
Omdat Pupkewitz Motor Group so 'n groot rolspeler is in ons plaaslike motormark, is veiligheid in die werkplek en op ons paaie iets wat hulle nie ligtelik opneem nie.
“Ons benadering tot padveiligheid begin by ons ontwerpers, wat die beste materiale en jongste metodes inspan om die beste motors moontlik te ontwerp. Dan volg die omvattende manier waarop hierdie voertuie getoets word, om seker te maak dat hulle nie net in alle toestande uitblink nie, maar ook dat hulle so veilig moontlik is om insittendes en ander padgebruikers veilig te hou tydens 'n ongeluk.
“Wanneer die voertuie by ons aankom, of hulle nuut is of een van ons Automark-tweedehandse voertuie is, word hulle weer deeglik deur ons tegnici ondersoek, en dan nog 'n keer voor ons dit aan 'n kliënt oorhandig.
“Dit is om te verseker dat al die meganiese stelsels en komponente reg funksioneer en die voertuig in 'n veilige toestand is,” sê me. Zaphia Basson, een van Pupkewitz Toyota se goed opgeleide verkoopsbeamptes.
Ken Jou Kar
Die volgende stap om veiligheid in hul voertuie te bevorder, is 'n omvattende voorstelling van al die kar se funksies, veiligheidstelsels en kontroles, sodat elke Toyota-eienaar presies weet wat in die kar aangaan en hoe om die voertuig ten volle te benut.
“Ons doen dit met al ons voertuie. Al besit die kliënt 'n ander Toyota-voertuig, voel ons dit is belangrik om met die aflewering van elke voertuig deur hierdie proses te gaan,” sê Barnard.
“Veral met 4x4-modelle,” voeg hy by.
Vroeër vanjaar het Pupkewitz Toyota, in samewerking met vennote, 'n byeenkoms geborg, waar vrouens meer kon leer oor die instandhouding van motors, asook hoe om verskeie motorprobleme self te kan oplos.
Dit het ingesluit hoe om 'n baba reg vas te maak in 'n veiligheidstoeltjie en hoe om bande om te ruil.
“Op hierdie manier wou ons die bemagtiging van vrouens ondersteun,” het Basson gesê.
Veiligheid
Alle Toyota-modelle is met Bluetooth toegerus, omdat die maatskappy die gevaar besef van mense wat bestuur terwyl hulle hul selfone gebruik.
Nog een van die eenvoudige maniere waarop Toyota hul motors veiliger maak, is die verskaffing van volgrootte spaarwiele saam met die meeste van hul modelle.
“Dit is nie net om mense in staat te stel om hul werk of reise ononderbroke voort te sit nie, maar ook omdat dit tydens ongelukke van die impak kan absorbeer,” sê Barnard.
Pupkewitz Toyota het groot planne vir vanjaar se Namibiese Toerisme Ekspo.
Nedbank sal afslag op rentekoerse aanbied, en Pupkewitz Toyota sal spesiale aanbiedinge op hul Prado VX-, Rav4- en Hilux-modelle hê.
Pupkewitz Toyota gee tans ook iPhone 6'e en 7's weg met elke Toyota Etios wat binne die volgende twee maande verkoop word. Hulle het ook 'n spesiale aanbieding wat behels dat kliënte N$20 000 afslag kry as hulle hul voertuig vir 'n Rav4 of Prado van Pupkewitz Toyota inruil.
Besoek die Namibiese Toerisme Ekspo van 31 Mei tot 3 Junie om van hierdie spesiale aanbiedinge gebruik te maak, of maak 'n draai by hul Automark-handelaars, en kies 'n motor uit hul groot verskeidenheid.
Onthou dat alle Automark-voertuie, insluitend dié van ander vervaardigers, met 'n sertifikaat kom wat waarborg dat die voertuig deur 'n omvattende 80-punt meganiese inspeksie gegaan het.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie