Pupkewitz-takbestuurder in hof
Mnr. Calvin Joseph het na bewering byna N$140 000 se voorraad gesteel.
Kristien Kruger – Die takbestuurder van Keetmanshoop se Pupkewitz Megabuild hardewarewinkel, mnr. Calvin Joseph, het Maandag vir die eerste keer in die landdroshof op die dorp op aanklag van diefstal verskyn.
Dit word beweer dat Joseph aan die einde van verlede jaar voorraad ter waarde van sowat N$136 472 gesteel het.
Borgtog van N$5 000 is toegestaan onder die voorwaarde dat Joseph geen kontak met sy voormalige kollegas mag hê nie.
Verskeie van sy kollegas sal as staatsgetuies in sy verhoor geroep word.
Hy word dus ook belet om binne ’n afstand van 1 000 meter van enige van sy kollegas te wees totdat die saak afgehandel is.
Mnr. Gerrit van den Heever is Joseph se regsverteenwoordiger. Hy sal op 15 Februarie weer in die hof verskyn.
Intussen duur die ondersoek voort.
Joseph, tevore ook ’n bekende administrateur en speler vir die dorp se rugbyklub die Keetmanshoop Rams, sal tot met sy volgende hofverskyning kan tuisbly met sy vrou en twee jong seuntjies.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie