Puik krieketjaar vir Gimmies
WINDHOEK Gimnasium se junior krieketspanne het in die pas afgelope seisoen uitstekend gevaar.Vir die derde jaar in ?n ry bly die skool se minikrieketspan onoorwonne. Hulle het die eindstryd teen St. George?s oortuigend gewen en daarmee die goue medaljes vir 2010 se liga ingepalm.
Windhoek Gimnasium se minikrieket B-span het in die finaal van die B-liga teen die C-span van Windhoek Gimnasium gewen. Nicol Loftie-Eaton is as speler van die seisoen in die A-liga aangewys, en Cody van Schalkwyk as speler van die seisoen in die B-liga.
Die onder 13A-span het die onder 13A Khomasliga gewen deur St. Paul?s in die eindstryd oortuigend met agt paaltjies te klop. Jano Rieckert was speler van die wedstryd met boulsyfers van drie paaltjies vir 5 lopies in 6 beurte, en ?n kolftelling van 29 nie uit nie.
Die span het daarmee tot die eindstryd van die nasionale liga deurgedring, waar hy vir Pro Ed met tien paaltjies geklop het om die nasionale kampioen vir 2010 te word.
Die onder 11A-span het ook die Khomasliga gewen in ?n sege met sewe paaltjies teen WAP in die eindstryd.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie