Psigiater getuig in Barnard-moordverhoor
Psigiater getuig in Barnard-moordverhoor

Psigiater getuig in Barnard-moordverhoor

'n Windhoekse psigiater het gister getuig in die verhoor van die Aranos-boer wat van die moord op sy vrou beskuldig word.
Jacqueline Louw
Jacqueline Louw - Dr. Gerhard Marx, 'n Windhoekse psigiater, het gister in die hoërhof in Windhoek voor regter Naomi Shivute getuig dat die hoeveelheid medisyne en drank wat mnr. Willem Barnard (63) die aand voor sy vrou se dood ingeneem het, moontlik tot geheueverlies kon lei.

Barnard het Dinsdag in sy eie verdediging getuig dat hy en sy vrou, me. Anette Barnard (55), saam 'n hele bottel brandewyn en 'n gedeelte van 'n tweede bottel gedrink het die dag en die aand voor haar dood, en dat hulle die aand televisie gekyk het voordat hy aan die slaap geraak het. Hy het ook getuig dat hy drie verskillende tipes voorskrifmedikasie tydens die voorval gebruik het.

Die staat beweer Barnard het gedurende die nag van 9 tot 10 April 2010 sy vrou vermoor deur haar op hul plaas Choris in die Aranos-­gebied in die kop te skiet.

In 'n pleitverduideliking wat in Oktober 2014 aan die hof gelewer is, het Barnard skuld ontken op die moordklag teen hom. Hy het in die pleitverduideliking gesê dat hy die aand van 9 April voor die televisie in die paartjie se leefkamer aan die slaap geraak het, en toe hy in die middel van die nag wakker geword het, hy sy vrou in 'n plas bloed aangetref het. 'n Rewolwer het op die vloer tussen hom en sy vrou gelê.

Marx het gister 'n verslag oor die moontlike effek van die psigo-­aktiewe middels wat Barnard ingeneem het en die invloed wat dit op sy gedrag op 9 April 2010 kon hê, aan die hof voorgelê. In sy verslag noem hy dat die hoeveelheid alkohol en die medikasie Alprazolam en Zopiclone wat Barnard daardie dag ingeneem het, hoogs waarskynlik tot geheueverlies van verskeie ure kon gelei het. Alprazolam is aan Barnard voorgeskryf vir angstigheid en Zopiclone vir slaaploosheid. Alprozolam bevat benzodiazepines.

“Dit is 'n bekende feit dat benzodiazepines, veral in kombinasie met alkohol, geheue-inkorting, impulsiwiteit, swak oordeel en verwarring veroorsaak,” sê Marx in sy verslag.

Hy het ook getuig dat die hoeveelheid psigo-­aktiewe middels saam met swaar alkoholgebruik tot 'n wisselvallige herinneringsvermoë kan lei.

Marx het getuig dat Barnard, vir die tydperk wat hy deur die middels bedwelm was, moontlik nie in staat was om die morele en wettige onregmatigheid van sy beweerde dade te verstaan nie.

Hy het ook getuig dat vorige gedrag 'n voorspeller van toekomstige gedrag is en Barnard se gedragsgeskiedenis nie inpas by 'n persoon wat sy toevlug tot geweld met 'n vuurwapen sou neem nie. In sy verslag noem hy dat Barnard se vorige gedrag suggereer dat hy selfs onder uiterste provokasie gewoonlik daarin slaag om homself van geweld te weerhou. Hierdie verwysing hou verband met drie voorvalle waarin Barnard se vrou hom probeer leed aandoen het.

Barnard het Dinsdag getuig dat sy vrou hom by verskillende geleent­hede aangerand het en ook eenkeer pille in sy kos gesit het. Hy het getuig dat sy hom een keer met 'n mes in die bors gesteek het en ook eenkeer op hom geskiet het. Hy het aan die hof vertel dat hy hom nooit teëgesit het nie en net wegbeweeg het. Hy het haar net een keer aan die arms gegryp toe sy hom geslaan het en aan haar gesê dat sy hom nie in die gesig moet slaan nie, het hy ook getuig.

Volgens Barnard het hy met sy vrou oor egskeiding gepraat, maar dat sy gesê het dat sy hom liewers sou “vrekmaak”, want waarheen sou sy gaan. Hy het ook aan die hof vertel dat hy nie ligtelik sou skei nie omdat hy lief was vir sy vrou en 'n eergevoel het. “Skei is nie iets wat mens wil hê nie,” het hy getuig.

Marx was die laaste getuie in die saak en die partye se regsverteenwoordigers sal hul betoë lewer op 'n datum wat met die regter ooreen­gekom sal word. Adv. Louis Botes, SC, verteenwoordig Barnard terwyl staatsadvokate Palmer Kumalo en Cliff Lutibezi namens die staat optree.

Kommentaar

Republikein 2024-03-28

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 37° Rundu: 17° | 33° Eenhana: 18° | 33° Oshakati: 20° | 31° Ruacana: 19° | 33° Tsumeb: 17° | 29° Otjiwarongo: 16° | 28° Omaruru: 18° | 31° Windhoek: 17° | 28° Gobabis: 17° | 28° Henties Bay: 16° | 19° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:54, High tide: 04:57, Low Tide: 22:58, High tide: 17:16 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 29km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:55, Low Tide: 22:56, High tide: 17:14 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 33km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:54, Low Tide: 22:56, High tide: 17:13 Rehoboth: 18° | 29° Mariental: 22° | 32° Keetmanshoop: 21° | 34° Aranos: 21° | 31° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 23° | 34° Oranjemund: 15° | 21° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 24° Mbabane: 15° | 23° Maseru: 12° | 28° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 29° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 28° Cape Town: 17° | 23° Durban: 21° | 25° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 18° | 30° Harare: 15° | 31° Currency: GBP to NAD 23.97 | EUR to NAD 20.54 | CNY to NAD 2.63 | USD to NAD 19.05 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.8 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.45 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.29 | USD to KES 131.48 | USD to NGN 1415.13 | USD to ZAR 19.1 | USD to ZMW 24.97 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 73909.5 Up +0.41% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1516.02 Down -0.13% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12981.98 Up +0.34% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28224.37 Down -2.87% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 199.60/OZ UP +0.40% | Copper US$ 3.98/lb DOWN -0.0019 | Zinc US$ 2 441.60/T DOWN -0.61% | Brent Crude Oil US$ 86.61/BBP UP +0.26% | Platinum US$ 896.95/OZ UP +0.23% Sport results: Weather: Katima Mulilo: 19° | 37° Rundu: 17° | 33° Eenhana: 18° | 33° Oshakati: 20° | 31° Ruacana: 19° | 33° Tsumeb: 17° | 29° Otjiwarongo: 16° | 28° Omaruru: 18° | 31° Windhoek: 17° | 28° Gobabis: 17° | 28° Henties Bay: 16° | 19° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:54, High tide: 04:57, Low Tide: 22:58, High tide: 17:16 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 29km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:55, Low Tide: 22:56, High tide: 17:14 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 33km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:54, Low Tide: 22:56, High tide: 17:13 Rehoboth: 18° | 29° Mariental: 22° | 32° Keetmanshoop: 21° | 34° Aranos: 21° | 31° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 23° | 34° Oranjemund: 15° | 21° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 24° Mbabane: 15° | 23° Maseru: 12° | 28° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 29° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 28° Cape Town: 17° | 23° Durban: 21° | 25° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 18° | 30° Harare: 15° | 31° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.97 | EUR to NAD 20.54 | CNY to NAD 2.63 | USD to NAD 19.05 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.8 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.45 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.29 | USD to KES 131.48 | USD to NGN 1415.13 | USD to ZAR 19.1 | USD to ZMW 24.97 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 73909.5 Up +0.41% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1516.02 Down -0.13% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12981.98 Up +0.34% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28224.37 Down -2.87% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 199.60/OZ UP +0.40% | Copper US$ 3.98/lb DOWN -0.0019 | Zinc US$ 2 441.60/T DOWN -0.61% | Brent Crude Oil US$ 86.61/BBP UP +0.26% | Platinum US$ 896.95/OZ UP +0.23%