Psigiater: ‘Ek het pasiënt nie verkrag’

‘Projeksie, oordrag van gevoelens'

03 July 2019 | Howe
Henriette Lamprecht – ‘n Psigiater van Swakopmund wat in die hoërhof in Windhoek onder meer tereg staan op aanklagte van poging tot moord, onsedelike aanranding en drie klagte van verkragting het onskuldig op al die klagte teen hom gepleit.

Dr. Pieter van der Westhuizen het na bewering in November 2015 ’n pasiënt in sy spreekkamer op die dorp eers bedwelm en toe verkrag.

Van der Westhuizen het die pasiënt na bewering ’n oordosis Ritalin-, Valium- en Ativan-­tablette gegee. Die klaer is glo ook alkohol ingegee.

In sy pleitverduideliking sê Van der Westhuizen hy is “verwoes deur en hartseer oor” die klaer se aantygings teen hom.

Hy voer aan die klaer het weens die terapeutiese proses en die nodige gebruik van Diazepam ‘n “valse herinnering van onsedelike aanranding en verkragting” ontwikkel.

Hy ontken die dosisse medikasie wat aan die klaer voorgeskryf is, was bedoel om haar dood te veroorsaak.

Volgens Van der Westhuizen is die klaer se “valse herinnering” van die beweerde onsedelike aanranding en verkragting die gevolg van die “samevloei van haar geskiedenis van ernstige en volgehoue seksuele misbruik in haar kinderjare, haar gevolglike psigiatriese siektes en ‘n kombinasie van die farmakologiese uitwerking van Diazepam en oordrag”.

Hy voer ook aan dit was nie ongewoon om die narko-analise wat op die klaer toegepas is op ‘n Saterdag te doen nie.

Volgens hom help narko-analise ’n psigiater om ’n pasiënt se probleem te verstaan, ‘n diagnose te maak en toekomstige behandeling te beplan.

Daar is volgens Van der Westhuizen op narko-analise besluit nadat “redelike farmaseutiese opsies vir die doeltreffende bestuur van die klaer se geestesgesondheid uitgeput is”.

Hy erken in sy pleitverduideliking hy het op 7 November 2015 met die klaer gereël om op ‘n Saterdag na sy spreekkamer vir narko-analise te kom nadat sy die nodige toestemming hiervoor gegee het.

Van der Westhuizen voer aan hy het 16 Ritalin-tablette voorgeskryf wat die klaer op die oggend van 7 November moes drink. Sy is later ook Diazepam en Seroquel XR gegee.

Volgens Van der Westhuizen het die narko-analise en die terapiesessie tot omstreeks 15:00 geduur.

Hy ontken hy het die klaer gedurende dié tyd onsedelik aangerand of verkrag.

In sy pleitverduideliking sê hy ‘n pasient sal verseker in enige terapeutiese verhouding oordrag en die projeksie van onbewuste gevoelens en konflik met figure uit die verlede teenoor die terapeut ervaar.

Boonop het die klaer Diazepam ontvang wat met seksuele fantasieë verbind word.

Die redelike afleiding is volgens Van der Westhuizen dat die kombinasie van oordrag en Diazepam tot die klaer se valse herinneringe van onsedelike aanranding en verkragting kon lei.

Hy sê ook hy is in Junie 2015 met onder meer Peyronie se siekte gediagnoseer, ly aan erektiele disfunksie en kon sedert ongeveer 2010 nie penetrerende seks hê nie.

Die saak duur vandag voort.

Soortgelyk

 

Spuite, pille nie by klinieke

9 ure gelede | Ministeries

Henriette Lamprecht – Tekorte aan voorbehoedmiddels wat voorbehoedpille en –inspuitings insluit, word tans by openbare gesondheidsgeriewe in die land ondervind.Die direkteur van die ministerie van...

Sakkepakke op Lüderitz

9 ure gelede | In beeld

Tanja Bause - Die eerste trein in meer as 20 jaar het Lüderitz in Augustus vanjaar binnegery. Die trein, wat uit twee lokomotiewe en 20...

Gróót oë op Jan Taks

9 ure gelede | Ministeries

Jo-Maré DuddyVerbruikers wat voortaan BTW van 15% op suiker sal moet betaal, is een van die rits belastingaankondigings wat in vanmiddag se halfjaar-begrotingshersiening verwag word.Kenners...

Drie dae, sewe kinders glo verkrag

9 ure gelede | Misdaad

Sewe minderjarige meisies, waarvan die jongste vier en die oudste 15 jaar oud is, het na bewering binne ’n kwessie van drie dae die jongste...

Pushing the boundaries

9 ure gelede | Skole

Ester Kamati “I enjoy coming up with ideas, often random, often impractical, but occasionally valuable,” says young businesswoman of the year Hilja Eelu. Eelu is...

Weer vir 22 Oktober

9 ure gelede | Weer

BINNELAND: Gedeeltelik bewolk en bloedig warm in die Noordooste, andersins sonnig en baie tot bloedig warm. Winderige toestande sal oor die binneland voortduur. KUS: Gedeeltelik...

Japannese keiser bestyg vandag die troon

9 ure gelede | Gebeure

Ronelle Rademeyer - Terwyl vanjaar se Rugbywêreldbeker sy einde nader met die halfeindstryde wat die naweek gespeel word, is die wêreld vandag ook getuie tot...

Dinner for development

9 ure gelede | Skole

Elizabeth Joseph St Barnabas Primary School is calling on its alumni to assist it to build a school hall.The school opened in 1923, but was...

Dis-Chem gives back to the community

9 ure gelede | Skole

Ester KamatiDis-Chem Wernhil has made a surprise donation to Abraham Iiyambo Primary School in Havana. The donation, which was coordinated by Marion Engelbrecht, assisted the...