Psigiater aangekla van verkragting

Pasiënt glo bedwelm
Henriette Lamprecht
Henriette Lamprecht - ’n Bekende psigiater aan die kus word daarvan beskuldig dat hy na bewering ’n pasiënt in sy spreekkamer verkrag het.

Dr. Pieta van der Westhuizen van Swakopmund het Donderdag in die landdroshof op die dorp op ’n aanklag van verkragting voor landdros Savage Surita verskyn. Van der Westhuizen is op borgtog van N$10 000 vrygelaat en die saak is tot 20 Februarie aanstaande jaar uitgestel. Deel van sy borgtogvoorwaardes is dat hy geen direkte of indirekte kontak met die klaagster mag hê nie, nie die Swakopmund- of Walvisbaai-distrik sonder die toestemming van die ondersoekbeampte mag verlaat nie en ook nie by die ondersoek mag inmeng nie. Die klaagster is deur mnr. Paulus Shilongo verteenwoordig wat nie borgtog teengestaan het nie.

Die aanklag spruit uit ’n voorval op 7 November 2015 waartydens Van der Westhuizen na bewering die getroude ma van twee by sy spreekkamer in Antonius Gardens op die dorp glo bedwelm en toe verkrag het. Na bewering is sy die vorige dag deur Van der Westhuizen opdrag by wyse van ’n voorskrif gegee om vroeg die oggend van haar besoek Ritalin-tablette te drink. Met haar aankoms sou Van der Westhuizen haar na bewering ook onder meer Valiums, ’n “waarheidpil”, sowel as haar daaglikse voorgeskrewe medikasie gee om te drink. Na bewering wou Van der Westhuizen ’n “narko-analise” op die klaagster doen wat hom glo op ’n gereelde basis as pasiënt gesien het. Van der Westhuizen het na bewering die vorige dag aan die klaagster gesê die afspraak sou nie langer as vier ure duur nie. ’n Vriendin van die klaagster wat haar na bewering die Saterdagoggend by die spreekkamer afgelaai en teenwoordig was toe sy glo die vier Valiums moes drink, is na bewering 15:00 dieselfde dag gebel om haar by die spreekkamer te kom haal. Na bewering was die klaagster so bedwelm dat haar vriendin en Van der Westhuizen haar na afloop van die afspraak na die vriendin se motor moes dra. Volgens die aanklagte teen Van Westhuizen sou hy na bewering die klaagster oor ’n tydperk van etlike ure verkrag het terwyl sy in so ’n bedwelmde toestand was dat sy haar na bewering nie kon verset nie.

Die klaagster, wat nie op Swakopmund woon nie, het op 24 November ’n klag van verkragting (CR/57/11/2015) by die polisie se eenheid vir geslagsgeweld op die dorp aanhangig gemaak. Sy het die vorige dag ook ’n verklaring by die polisie se eenheid vir geslagsgeweld op haar tuisdorp afgelê. In ’n vorderingsverslag oor die polisieondersoek in Mei vanjaar is in ’n amptelike skrywe aan die klaagster bevestig dat die klagte steeds ondersoek word en dat dit na die adjunk-prokureur-generaal vir ’n besluit gestuur sal word. ’n Verklaring is ook vir ondersoek aan die Raad vir Gesondheidsberoepe in Namibië (HPCNA) voorgelê om Van der Westhuizen se beweerde “onetiese, onprofessionele en onmenslike optrede en verkragting” te ondersoek.

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!