Psemas-tender sluit
Psemas-tender sluit

Psemas-tender sluit

Verskeie wysigings is aan die tenderdokument aangebring om die staat se mediese fonds te bestuur.
Henriette Lamprecht
Henriette Lamprecht – Die tender om die staat se mediese fonds (Psemas) te bestuur, het Woensdag (23 September) gesluit.

Dit volg nadat sekere vereistes in die tenderdokument gewysig en die sluitingsdatum van 24 Augustus met nog ’n maand verleng is.

Volgens die Sentrale Verkrygingsraad van Namibië (CPBN) se spesialis gemoeid met betrekkinge tussen bemarking en rolspelers, me. Johanna Kambala, het die raad 19 versoeke van bieërs ontvang vir meer duidelikheid oor tendervereistes, terwyl vier addendums ook op die bod uitgereik is.

Kambala sê die tegniese komitee het die standaardtenderdokument (SBD) geëvalueer en wysigings voorgestel wat deur die raad vir implementering goedgekeur is.

Vier grootskaalse wysigings is aan die evalueringskriteria gemaak. Dit sluit in die bewyse van voldoende werkskapitaal wat van N$74 miljoen na N$18,5 miljoen verminder is. Die vereiste ondervinding in die bestuur van ’n mediese fonds deur die bieër is van vyf tot drie jaar verminder, terwyl die getal lede wat voorheen bestuur is van 143 500 na 50 000 gewysig is. Die tegniese vereiste wat bieërs toelaat om na die finansiële stadium te vorder, is volgens Kambala van 75% na 70% verminder.

Volgens Kambala is die verlenging van die sluitingsdatum toegestaan om aan bieërs genoeg tyd te gee om hul boddokumente in lyn met die hersiene vereistes in die SBD te bring. Die hersiene SBD is op Vrydag 21 Augustus aan alle bieërs uitgereik, terwyl die nuwe sluitingsdatum van 23 September ook aan hulle gekommunikeer is.

Psemas het tans 287 000 begunstigdes.

Intussen het die woordvoerder van die ministerie van finansies, mnr. Tonateni Shidhudhu, gesê 95% van afhanklikes van Psemas-lede is tydens ’n ondersoek geverifieer, met dié wat nie aan die vereistes voldoen nie, wie se lidmaatskap opgeskort is. Volgens hom is net 75% van hooflede tans geverifieer en duur dié proses nog voort.

“Alle afhanklikes wat 21 jaar oud geword het en nie hul bewys van registrasie vir die huidige akademiese jaar voorgelê het nie, word outomaties deur Psemas en sy administrateur (Methealth) met hul 21ste verjaardag afgehaal. Dit sluit ook die in wat die maksimum ouderdom van 25 jaar oorskry het en nie verstandelik of fisies gestremd is nie,” het Shidhudhu gesê.

Volgens hom kan die wat 25 en verstandelik en of fisiek gestremd is met die nodige bewyse op die stelsel bly. Dit sluit ’n brief van die ministerie in die presidensie verantwoordelik vir geslagsgelykheid, armoede-uitwissing en maatskaplike welsyn dat hulle as begunstigdes vir maatskaplike toelaes geregistreer is, sowel as ’n doktersverslag in.

Pensioenarisse met agterstallige bydraes is volgens Shidhudhu ook van die stelsel afgehaal. Hulle kan egter weer as lede registreer wanneer dié bedrae tot op datum betaal is.

Die regering is tans besig met ’n ondersoek na die hersiening van Psemas se reëls en voordele, asook die mediese fonds se bestuurstruktuur en fiskale volhoubaarheid. Volgens Shidhudhu sal die uitkoms van die ondersoek teen die einde van die 2020-’21-finansiële jaar bekend wees. – [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!