Psemas – nóg ’n werknemer ondervra

Hokaairoepers sal beskerm word

17 May 2018 | Misdaad
Henriette Lamprecht – Die Teenkorrupsiekommissie (ACC) het ’n werknemer van die administrateur van die staat se mediese fonds (Psemas) ondervra oor geld wat sy na bewering ontvang het om eise “dringend” te verwerk.

’n N$1 000 en ’n dringende versoek is glo deur ’n senior rekenmeester, mnr. Llewelyn Bezuidenhout, van die ministerie van finansies aan haar gerig.

Bezuidenhout is verlede Vrydag deur die ACC vasgetrek nadat hy glo N$50 000 van ’n diensverskaffer in die gesondheidsbedryf geëis het om te verseker eise van sover terug as 2016 word verwerk en uitbetaal.

Volgens ’n verklaring van die ACC is die vrou nie in hegtenis geneem nie, maar bly sy deel van ’n verdere ondersoek.

Die verklaring lui voorts ’n klagte is op 13 April deur ’n diensverskaffer aan verskeie mediese praktisyns by die kommissie ingedien oor die wanbetalings van die betrokke eise, wat glo N$1,3 miljoen beloop.

Die diensverskaffer moes Psemas met ’n motivering en afskrifte van die eise nader om dit te heroorweeg, evalueer en om gevolglik goedkeuring aan Methealth te verleen om dit te verwerk en uit te betaal.

Dié tipe eise staan as staatsgoedkeurings bekend.

Volgens die verklaring het die betrokke diensverskaffer sedert November verlede jaar probeer om die eise van Oktober 2016 tot Februarie 2017 te laat verwerk.

Psemas-werknemers, wat Bezuidenhout insluit, het na bewering daarop aangedring dat die diensverskaffer hulle as eienaar van die besigheid persoonlik sien.

’n Hokaairoeper, wat onraad met die vertraging van uitbetalings vermoed het, het met Bezuidenhout vergader en die gesprek opgeneem.

Tydens die gesprek het Bezuidenhout volgens die ACC voorgestel dat “aansporings” aan personeel by Methealth betaal word om voorkeur aan die eise te gee en dit te verwerk.

Sowat N$40 000 is glo aanvanklik aan hom betaal en vyf dae later het hy glo bewyse via WhatsApp aan die diensverskaffer deurgestuur dat van die eise verwerk is.

Hy het glo ook versoek dat die oorblywende N$10 000 aan hom betaal word.

By ontvangs hiervan is Bezuidenhout in hegtenis geneem.

N$35 000 van die aanvanklike N$40 000 is glo ook op sy persoon en by sy huis gevind.

Bezuidenhout moet op 29 Junie weer in die hof verskyn en moes borgtog van N$10 000 betaal.

Die ACC het ’n beroep op lede van die publiek gedoen wat ook vir omkoopgeld gevra is óf dit betaal het om na vore te kom om hulle in die ondersoek te help.

Dié individue sal die beskerming van die teenkorrupsiewet geniet, wat die beskerming van hokaairoepers en inligting omskryf.

Hiervolgens sal geen aksie of stappe, hetsy dissiplinêre, siviele of strafregtelike stappe, teen so ’n individu gedoen word nie.

Soortgelyk

 

'Barbaarse' olifantjag skaad Namibië se beeld

9 ure gelede | Plaaslik

Denver Kisting Namibië is opnuut internasio­naal in die sop nadat 'n video oor 'n wrede olifantjag die ­afgelope week aan die lig gekom het.'n Storm...

Elite hervestig, sê ontevrede aansoekers

9 ure gelede | Plaaslik

Catherine Sasman - Redes vir die ministerie van grondhervorming se besluit om die plase Felseneck (nr. 26) en Okanatjikuma (nr. 26) aan die beslote korporasie...

Utoni hou voet by stuk oor Rus

9 ure gelede | Plaaslik

Ronelle Rademeyer Die minister van grondhervor­ming, mnr. Utoni Nujoma, het Vrydagmiddag aan joernaliste herhaal wat hy die vorige middag aan parlementariërs gesê het, naamlik dat...

Huurbeheer binne drie weke ingestel

9 ure gelede | Plaaslik

Augetto Graig - Die Regstellende Herposisioneringsbeweging (AR) sê hy het daarin geslaag om die regering tot die instel van huurbeheerrade te dwing.In huurordonnansie nommer 13...

Skole, koshuise is ‘kraamsale’

9 ure gelede | Onderwys

Henriette Lamprecht – Die enigste oplossing vir die terugbrenging van morele waardes en om tienerswangerskappe hok te slaan, is die herinstel van Bybelstudie by skole...

Streeksowerhede nou verantwoordelik vir waterverskaffing, sanitasie

9 ure gelede | Ministeries

Die ministerie van landbou, water en bosbou se waterverskaffing- en sanitasiekoördinasie-funksie sal voorts op streeksvlak hanteer word. Die funksies onder meer die identifisering van plekke...

Simataa bekommerd oor kubermisdaad

9 ure gelede | Ministeries

Denver Kisting – Die minister van inligting en kommunikasietegnologie, mnr. Stanley Simataa, sê die prys van tegnologie is aanlyn misdaad.Hy het verlede week in die...

Namrights wil hof toe oor Olufuko

9 ure gelede | Misdaad

Catherine Sasman – Namrights is besig om hofstukke voor te berei om die herlewing van die Olufuko-fees en ander kulturele praktyke stop te sit, wat...

Naelsalonne span saam teen kanker

9 ure gelede | Gesondheid

Yolanda Nel - Toe Marjuné Fleschig (7) van Otjiwarongo met leukemie gediagnoseer is, het twee naelsalonne op die dorp koppe bymekaargesit om geld vir haar...