Psemas-eise word afgekeur
Psemas-eise word afgekeur

Psemas-eise word afgekeur

Die enigste manier om dié risiko te bestuur in die afwesigheid van ’n waarborg van betaling, is om nie enige dienste aan lede van die staat se mediese fonds te verskaf nie.
Henriette Lamprecht
Henriette Lamprecht – Duisende lede van die staat se mediese fonds (Psemas) kan ernstig geraak word deur die verwerping van geldige eise van gesondheidsorgverskaffers sedert 1 Mei.

Volgens die Namibië Private Praktisynsforum (NPPF) kan tot 360 000 Psemas-begunstigdes en meer as ’n 1 000 verskaffers van gesondheidsdienste hierdeur geraak word.

Mnr. Eben de Klerk het namens die NPPF gesê volgens verslae wat deur die forum se lede ontvang is, is dit duidelik ’n beduidende deel van verskaffers, “indien nie die meerderheid nie” word tans geraak deur die eise wat deur die administrateur van die fonds, Methealth, afgekeur word.

Volgens De Klerk is die forum deur Methealth op skrif ingelig dat hulle geen geskrewe waarborg vir betaling kan gee nie aangesien dit nie in hul mandaat val nie.

“Ons aanvaar dit, omdat dit blyk die probleem is alleenlik deur Psemas geskep. Methealth is ten volle afhanklik vir beide data en betaling van Psemas,” het De Klerk gesê.

“Ons het klagtes van diensverskaffers ontvang dat hul Psemas-eise afgekeur word omdat hulle glo sonder enige kennisgewing as geregistreerde verskaffers by Methealth verwyder is. Dit ondanks hul dokumente wat by Psemas op datum is,” het hy gesê.

“Dit is ’n groot bron tot kommer omdat ons in die verlede gesien het Psemas het eenvoudig geweier om ’n dokter uit te betaal wat vir maande te goeder trou eise ingedien het. Dit nadat die mediese fonds hom reeds verskeie maande vroeër sonder enige kennisgewing afgehaal het.”

Volgens De Klerk het dié spesifieke verskaffer as gevolg hiervan “uiterste finansiële verliese” gelei.

De Klerk en die NPPF dring aan op ’n geskrewe waarborg van beide Psemas en Methealth dat alle verskaffers van gesondheidsdienste wat op 30 April geregistreer is, se eise sedert 1 Mei vir dienste verskaf aan lede uitbetaal sal word.

“Dié verskaffers wat nie intydse eise indien nie, gaan eers verskeie maande later hiervan uitvind, gegewe die tyd wat dit neem om eise te verwerk en na verskaffers terug te kom.”

Die goedkeuringsproses van eise vir die meeste verskaffers duur tussen twee en vier maande.

Dit stel volgens De Klerk diensverskaffers en Psemas-begunstigdes bloot aan “onhoudbare finansiële risiko”.

“Verskaffers loop die risiko van miljoene dollar in skade sou eise vir verskeie maande vir ’n beduidende deel van die professie afgekeur word.”

De Klerk sê die enigste manier om dié risiko te bestuur in die afwesigheid van ’n waarborg van betaling, is om nie enige dienste aan Psemas-lede te verskaf nie.

By Psemas bly oproepe en e-posse meestal onbeantwoord en is “geen geskrewe bevestiging van enigiets” ooit verkrygbaar nie.

“Dit wil voorkom asof die Psemas-departement binne die ministerie van finansies vir alle praktiese doeleindes totaal en al wanfunksioneel geword het.”

De Klerk het gemaan indien dit waar is dat die meerderheid van gesondheidsdiensverskaffers geraak word omdat hulle tans as geregistreerde verskaffers afgehaal is, die regering nie “eerlik en deursigtig” is oor die werklike motief daaragter nie.

“NPPF-lede kan nie hierdie risiko loop wat tot verliese van miljoene dollars vir verskaffers kan beloop nie.”

Lede is gevolglik aangemoedig om eers geskrewe bevestiging van Methealth te kry dat hulle steeds geregistreer is, alvorens hulle enige dienste aan Psemas-lede verskaf.

Die NPPF het Psemas en Methealth tot Vrydag gegee om ’n geskrewe waarborg te gee dat eise van verskaffers wat aan Psemas-vereistes voldoen en sedert 1 Mei ingedien is, wel uitbetaal sal word.

Die mediese fonds het onlangs sy terme en voorwaardes vir kontrakte met diensverskaffers tot volgende jaar verleng met dien verstande dat alle verskaffers verseker hul dokumente met Psemas is op datum.

Volgens De Klerk vrees die NPPF die situasie is moontlik “doelbewus” deur die regering as ’n “kostebesparingstrategie” geskep en waarvoor diensverskaffers die prys sal moet betaal.

Die uitvoerende direkteur in die ministerie van finansies, me. Ericah Shafudah, het in reaksie op diensverskaffers se klagtes oor Psemas beloof om teen Vrydag op skrif daarop te reageer.

Shafudah het ook onderneem om ’n virtuele ontmoeting met De Klerk vandag te hê as “vennote in Psemas” om die weiering van eise sowel as enige ander klagtes deur diensverskaffers “deeglik te bespreek.”

Die beplande ontmoeting wat ook deur Methealth bygewoon sou word, is volgens De Klerk teen gister egter nie bevestig nie. Shafudah het teen druktyd ook nie op navrae gereageer nie. – [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!