Psemas bloei
Psemas bloei

Psemas bloei

Van verkeerde diagnoses tot siekebriewe en duur medisyne het die staat se mediese fonds miljoene uit die sak gejaag.
Henriette Lamprecht
Henriette Lamprecht



Meer as N$20 miljoen is oor 'n tydperk van twee jaar geëis vir tot 75 pasiënte wat daag­liks dokters geraadpleeg het.

Sommige pasiënte het tot vier inspuitings per besoek ontvang.

Konsultasiefooie is gehef vir elke keer wat 'n pasiënt chroniese medisyne moet gaan afhaal.

Dít is van die inligting wat uit 'n vertroulike verslag kom wat op die onreëlmatige uitbetaling van eise aan die staat se mediese fonds (Psemas) fokus.

Dié verslag is in April 2010 ná 'n forensiese ondersoek deur Savvy Solutions uitgereik. Volgens die verslag het bedrog die skema tóé reeds N$120 miljoen per jaar uit die sak gejaag.

Psemas het 'n verdere N$150 miljoen aan bykomende voordele bestee - iets wat nie noodwendig met die kwaliteit van sorg vir Psemas-lede verband hou nie.

Die bykomende uitgawes behels “lekkasies” binne Psemas-­strukture en sluit verkeerde diagnoses, gereelde konsultasies, siekebriewe en die gebruik van duur medisyne in.

“Dié praktyke spruit gewoonlik uit vermorsing en het 'n minimale impak op die kliniese uitkoms van pasiënte.”

Volgens die verslag bestaan geleent­hede binne die skema se strukture om bedrog te pleeg “en daarmee weg te kom”.

Daar bestaan 'n soort gesindheid dat aanspraak gemaak kan word op eise, want “almal doen dit sonder gevolge”, en lede en diensverskaffers glo hulle is “onderbetaal en 'n mediese fonds is aanvullende vergoeding”.

Uit 'n totaal van 40 diensverskaffers wat vir beweerde onreëlmatighede by die betaling van eise ondersoek is, het net minder as die helfte verdere ondersoek en oudits vereis.

'n Verdere 10 gevalle is op versoek van die ministerie van finansies en Methealth ondersoek.

Uit dié ingrypings is meer as N$2 miljoen aan die skema terugbetaal, terwyl 'n verdere N$3 miljoen se

skikkingsooreenkomste gefinaliseer moes word.

Die verslag het erken tekortkominge­ in die skema bestaan reeds sedert Psemas se ontstaan. Die skema is oorspronklik daargestel vir 'n klein groepie staatsdienswerkers in die des­tydse Suidwes-Afrika Administrasie. Sedert onafhanklikwording het die skema se ledetal geweldig toegeneem, asook die uitbetalings van eise. Psemas het nie tred gehou met dié veranderinge nie.

Van die gevalle sluit die volgende in:

• In die afwesigheid van 'n dokter is behandelingskodes en eise vir medikasie ingedien wat slegs deur dokters voorgeskryf mag word.

• Die hoogste bedrag uitbetalings is geëis en beloop N$20 miljoen vir die tydperk Januarie 2008 tot Desember 2009. Die gemiddelde aantal pasiënte is 74 per dag, met dispensering wat op 75% bo die nasionale gemiddeld van 54% is.

• Dispensering van medisyne is 84% teenoor 'n nasionale gemiddeld van 54%. 'n Hoë persentasie chroniese pasiënte is gesien en konsultasiefooie is vir elke besoek gevra, ongeag of die pasiënt bloot medisyne kom afhaal. Daar was 'n tekort van N$3 miljoen tussen die bedrag wat van Psemas geëis is en aankope wat deur die dokter gedoen is. Ekstra konsultasiefooie is gevra waar meer as vyf items per voorskrif gedispenseer is, selfs al is die dokter net een keer besoek. Die beraamde finansiële verlies vir Psemas is N$3 miljoen.

• Voorskrifte vir medisyne is sonder volledige inligting ingedien en in sommige gevalle is inligting op voorskrifte verander en was dit strydig met die oorspronklike dokument. Die meeste van die eise was datumloos, terwyl 'n groot aantal sonder enige voorskrifte ingedien is.

• Eise is vir X-strale ingedien, terwyl die praktyk nie die nodige toerusting hiervoor het nie.

• 'n Hoë aantal eise is vir urientoetse ingedien, met lede wat by navraag erken het hulle het nie so baie toetse laat doen nie. Vals eise is ingedien vir medikasie wat nie ontvang is nie.

• Die hoë aantal inspuitings het agterdog gewek, met voorkeur wat volgens die praktisyn aan inspuitings eerder as medisyne gegee word. Onderhoude met geraakte lede het onthul hulle het nié tot vier inspuitings per besoek ontvang nie.

• Baie hoë tariewe is geëis vir vervoer tussen plaaslike hospitale, met afstande wat oor minder as 10 km strek. Een rit tussen 'n private hospitaal in Windhoek en 'n dialisesentrum kos 'n minimum van N$713,20 voordat enige prosedures ingesluit is. 'n Maksimum van sowat N$1 500 is per dag vir 'n heen-en-weer rit geëis. Tariewe het ook gestyg ten spyte van die hoeveelheid tyd wat aan die pasiënt bestee is.

Kommentaar

Republikein 2024-03-29

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 36° Rundu: 19° | 29° Eenhana: 19° | 29° Oshakati: 21° | 30° Ruacana: 20° | 33° Tsumeb: 19° | 29° Otjiwarongo: 16° | 29° Omaruru: 19° | 32° Windhoek: 17° | 29° Gobabis: 17° | 30° Henties Bay: 16° | 20° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:22, High tide: 05:24, Low Tide: 23:26, High tide: 17:46 Swakopmund: 16° | 17° Wind speed: 24km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:22, Low Tide: 23:24, High tide: 17:44 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:21, Low Tide: 23:24, High tide: 17:43 Rehoboth: 19° | 30° Mariental: 23° | 34° Keetmanshoop: 24° | 35° Aranos: 22° | 33° Lüderitz: 15° | 28° Ariamsvlei: 24° | 35° Oranjemund: 14° | 25° Luanda: 27° | 28° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 16° | 21° Maseru: 11° | 29° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 27° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 29° Cape Town: 17° | 28° Durban: 20° | 24° Johannesburg: 16° | 24° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 20° | 30° Harare: 16° | 29° Currency: GBP to NAD 23.82 | EUR to NAD 20.37 | CNY to NAD 2.61 | USD to NAD 18.88 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.77 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.66 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1303.34 | USD to ZAR 18.88 | USD to ZMW 25.01 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74536 Up +0.85% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1528.69 Up +0.84% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12986.94 Up +0.04% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 27559.35 Down -2.36% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 233.12/OZ UP +1.93% | Copper US$ 3.99/lb UP +0.12% | Zinc US$ 2 455.50/T UP 0% | Brent Crude Oil US$ 87.65/BBP UP +1.46% | Platinum US$ 908.62/OZ UP +1.53% Sport results: Weather: Katima Mulilo: 19° | 36° Rundu: 19° | 29° Eenhana: 19° | 29° Oshakati: 21° | 30° Ruacana: 20° | 33° Tsumeb: 19° | 29° Otjiwarongo: 16° | 29° Omaruru: 19° | 32° Windhoek: 17° | 29° Gobabis: 17° | 30° Henties Bay: 16° | 20° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:22, High tide: 05:24, Low Tide: 23:26, High tide: 17:46 Swakopmund: 16° | 17° Wind speed: 24km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:22, Low Tide: 23:24, High tide: 17:44 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:21, Low Tide: 23:24, High tide: 17:43 Rehoboth: 19° | 30° Mariental: 23° | 34° Keetmanshoop: 24° | 35° Aranos: 22° | 33° Lüderitz: 15° | 28° Ariamsvlei: 24° | 35° Oranjemund: 14° | 25° Luanda: 27° | 28° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 16° | 21° Maseru: 11° | 29° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 27° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 29° Cape Town: 17° | 28° Durban: 20° | 24° Johannesburg: 16° | 24° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 20° | 30° Harare: 16° | 29° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.82 | EUR to NAD 20.37 | CNY to NAD 2.61 | USD to NAD 18.88 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.77 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.66 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1303.34 | USD to ZAR 18.88 | USD to ZMW 25.01 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74536 Up +0.85% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1528.69 Up +0.84% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12986.94 Up +0.04% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 27559.35 Down -2.36% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 233.12/OZ UP +1.93% | Copper US$ 3.99/lb UP +0.12% | Zinc US$ 2 455.50/T UP 0% | Brent Crude Oil US$ 87.65/BBP UP +1.46% | Platinum US$ 908.62/OZ UP +1.53%