PS Mandume stel nuwe beskermheer aan
Octavia Tsibes
’n Trustee van Yeula Fishing Trust, mnr. Lukas Nanyemba, het onlangs N$50 000 namens die onderneming aan die Primêre Skool Mandume in Windhoek geskenk. Daarmee saam is Nanyemba, ’n oudleerling wat vanaf 1979 tot 1983 daar skoolgegaan het, as beskermheer aangewys.
Die skoolhoof, mnr. Dishena, het gesê Nanyemba doen reeds baie vir die skool, soos om te help met die vestiging van die nuwe sokkerveld.
Volgens Dishena gaan die geld gebruik word vir die omheining van die skool en gaan dit in fases geskied. Hy het gesê ouers het ook hul deel gedoen en skenkings gemaak.
Die hoofmeisie, Olga Chichmarev, het by dieselfde geleentheid gesê hulle is baie dankbaar vir die skenking. “Die leerlinge is bly; ons is nou baie veiliger omdat daar sekuriteit is,” het Chichmarev gesê.
Die onderwysers is ewe verheug oor die skenking, met die skoolraad se sekretaris, me. Easter Uutapama, wat gesê het mense wat hand bysit, sal waarlik geseënd wees.
Die skool sê sonder Nanyemba se hulp sou dit nog 'n hele ruk geneem het om die skool te omhein.
Nanyemba is ’n man van min woorde en het by die geleentheid gesê: “Dis ’n oudleerling se werk om in jou alma mater terug te ploeg en om in ons toekomstige leiers te belê.”

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie