Prysskok vir brandstof in Zimbabwe
Zimbabwe het brandstofpryse ná middernag Sondag meer as verdubbel terwyl pres. Emmerson Mnangagwa se regering sukkel met tekorte.
Brandstoftekorte is al so erg in Zimbabwe dat motoriste in hul motors slaap in lang rye voor vulstasies.
Brandstofgroothandelaars het verlede week gesê hulle verloor 15% van hul daaglikse inkomste weens die tekorte.
In sy poging om 'n oplossing te vind het Mnangagwa aangekondig dieselprys sal tot US$3,11 per liter verhoog word van US$1,31 af, en die petrolprys van US$1,31 tot US$3,31, maar dit is vir betaling in plaaslike effektebriewe. Die effektebriewe is volgens die regering ekwivalent aan die Amerikaanse dollar teen 'n verhouding van 1:1, maar op die parallelle mark, oftewel die sogenaamde swartmark, is dit nader aan 1:3.
BUITELANDERS
Volgens die Zimbabwiese regering is dit net die pryse in plaaslike effektebriewe wat verander. Buitelanders soos toeriste en staatsbesoekers wat in rand of Amerikaanse dollar betaal, sal luidens Mnangagwa se verklaring egter 'n laer prys van US$1,24 (sowat R17) per liter vir diesel betaal en US$2,32 (sowat R32) per liter vir petrol as hulle behoorlike identifikasiedokumente kan wys. Volgens die regering is die prysverandering juis om die plaaslike brandstofpryse in ooreenstemming met swartmarkpryse te bring. – Netwerk24/Fin24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie