Prysmonster byt vas op 5,2%
Die jaarkoers vir inflasie in Namibië in November was 5,2% - dieselfde as die vorige maand, toon data wat vanoggend deur die Namibië Statistiekagentskap (NSA) vrygestel is.
Voedselinflasie, gemeet op 'n jaargrondslag, was 2,6% vergeleke met 3,5% in Oktober. Die syfer vir behuising, krag en water - die swaargewig in die verbruikersmandjie - was onveranderd op 8,6%.
Vervoerinflasie - naas behuising en voedsel die swaarste in die mandjie - het skerp van 4,4% in Oktober tot 6,1% verlede maand gestyg.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie