Prys van platinum help Sibanye in 2018
Prys van platinum help Sibanye in 2018

Prys van platinum help Sibanye in 2018

Nellie Brand-Jonker - Sibanye Gold (wat as Sibanye-Stillwater handel dryf) se aandeelprys het Donderdag stewig gestyg nadat hy aangekondig het hy verwag ’n beter inkomste in die boekjaar tot einde Desember 2018 uit sy platinum-myne as wat aanvanklik verwag is.

Sibanye het Donderdag ’n verklaring uitgereik om beleggers in te lig oor sy produksie en die staking by sy goudmyne in Suid-Afrika.

Sibanye het ook myne in Amerika.

Sy aandeelprys het met net meer as 4% tot R11,09 gestyg ná die nuus dat sy platinummyne in Suid-Afrika in die tweede helfte van sy boekjaar bevoordeel is deur die hoër randpryse vir die platinum-groep-metale (PGM’e).

Die sterk dollarpryse vir palladium en rodium en die swakker rand het die randprys vir ’n mandjie van dié metale met 19% in die boekjaar tot meer as R15 700 per fynons verhoog.

Die produksie van dié metale is ook beter as wat aan die begin van die boekjaar verwag is. Daar word nou produksie van 1,17 miljoen fynons van die drie metale platinum, palladium en rodium in Suid-Afrika verwag.

Terselfdertyd is die koste van sy mynbedrywighede aan die onderkant van die riglyn wat voorheen aan beleggers gegee is.

Dit het alles meegebring dat sy inkomste in die boekjaar wesenlik hoër gaan wees, lui die verklaring.

PGM’E

In die eerste helfte van sy boekjaar het die myne wat PGM’e lewer sowat 74% van sy aangepaste bedryfswins – uitgesluit rente, belasting, waardevermindering en amortisasie – bygedra. Dit het tot 85% in die derde kwartaal toegeneem vergeleke met dié metale se bydrae van 49% in die ooreenstemmende kwartaal in die vorige boekjaar.

Die bedrywighede in Amerika het hiertoe bygedra nadat nog ’n fase van sy Blitz-projek daar in bedryf gekom het. Die rekordprys van palladium gaan ook ’n wesenlike verhoging in die inkomste uit sy bedrywighede uit Amerika meebring.

Die prys van palladium het met meer as 75% gestyg – van US$744 per fynons tot meer as US$1 300 per fynons – sedert die verkryging van Stillwater in Amerika in Desember 2016 aangekondig is.

Die prys van palladium en platinum saam is tans reeds 19% hoër as die gemiddelde vir 2018.

Die produksie van platinum en palladium in Amerika gaan na verwagting in 2018 sowat 590 000 fynonse beloop in ooreenstemming met wat voorheen verwag is.

Die staking by sy goudmyne in Suid-Afrika wat in November begin het, het egter die produksie van goud negatief geraak.

Die invloed van die staking is deels versag weens die

planne wat in werking gestel is om die verliese teen te werk.

Vier werknemers is dood en talle ander is beseer weens geweld wat met die staking verband hou.

VAKBOND

Sibanye-Stillwater het direk met die vakbond en ook deur die arbeidshof en die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie (KVBA) hieraan aandag gegee.

“Die voorvalle van geweld en intimidasie het afgeneem nadat ’n interdik van die arbeidshof en stakingsreëls einde November deur die KVBA uitgereik is, maar die geweld is in 2019 hervat. Dit het ingesluit dat huise van werknemers wat nie lid van die vakbond Amcu is nie, in Blybank naby Carletonville afgebrand is.”

Die maatskappy sê tydens die staking het die lidmaatskap van die NUM, Uasa en Solidariteit tot meer as 50% by sy goudmyne in Suid-Afrika gestyg. Dit het daartoe gelei dat hy middel Desember ’n gewysigde loonooreenkoms met hulle onderteken het wat verseker het dat die ooreenkoms wat in November bereik is ingevolge die Wet op Arbeidsverhoudinge na alle werkers by sy goudmyne uitgebrei kon word.

ARBEIDSHOF

Die arbeidshof het op 22 Desember die KVBA opdrag gegee om te bepaal of die inligting oor die drie vakbonde se ledetal korrek is en teen 7 Januarie daaroor terugvoering te gee. Die mynmaatskappy se bestuur en Amcu kon egter nie ooreenkom op hoe die verifiëring van die inligting gedoen moet word nie en die KVBA het die saak verdaag. Die KVBA het daarna riglyne van die arbeidshof ontvang oor die pad vorentoe en sal nou voortgaan met die verifiëring van die inligting.

Nadat die Mededingingstribunaal die maatskappy se verkryging van Lonmin goedgekeur het onderhewig aan sekere voorwaardes, het Amcu op 19 Desember teen die besluit geappelleer. Daar word nou op ’n datum vir die verhoor gewag.

Sy resultate vir die jaar gaan na verwagting op 21 Februarie uitgereik word. – Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!