Prys van bitcoin val nadat kuberkrakers toeslaan
Die indringing by ’n platform vir die verhandeling van kriptogeld in Suid-Korea het spekulante in dié produkte Sondag groot laat skrik.
Nagenoeg US$46 miljard se kriptogeld is in ’n kort tydperk verkoop, volgens Bloomberg.
Coinrail verhandel meer as 50 verskillende kriptogeldeenhede en is een van die 100 aktiefste platforms ter wêreld. Die platform het nie bekend gemaak wat die waarde van die diefstal is nie, maar het verseker dat baie bates in sogenaamde “koue beursies” – sonder enige verbinding tot die internet – gehou word.
Volgens Forbes is Suid-Korea die derde grootste mark vir kripto-verhandeling, ná Japan en Amerika.
Die nuus het bitcoin se prys Sondag met 10% tot die laagste in twee maande laat val. Dit het selfs US$6 647,33 gehaal, wat beteken bitcoin het vanjaar al meer as 50% van sy markwaarde verloor, volgens CoinDesk.
Ander kriptogeldeenhede het ook veld verloor. Ethereum het met 14% tot sowat US$514 gedaal en litecoin met 11% tot US$104.
Volgens Coinmarketcap.com het die totale markwaarde van digitale bates tot US$294 miljard geval. Vroeg in Januarie, op die hoogtepunt van die kripto-manie, was dit sowat US$830 miljard, berig Bloomberg.
Geesdrif vir kriptogeld het getaan ná ’n hele klomp kuberaanvalle.
In Julie verlede jaar is Bithumb, nog ’n Suid-Koreaanse platform, gekraak en munte van 32 000 gebruikers gesteel.
In Desember is nagenoeg 4 000 bitcoins by Youbit gesteel.
Einde Januarie is US$500 miljoen van die Japanse platform Coincheck gesteel.
Volgens The Wall Street Journal ondersoek Amerikaanse reguleerders die beweerde prysmanipulering by vier groot verhandelingsplatforms: Bitstamp, Coinbase, itBit en Kraken. –Netwerk24/Bloomberg

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie