Prowealth-beleggers se eis oplaas gehoor

20 October 2020 | Misdaad
Ronelle Rademeyer – Byna 12 jaar nadat die Prowealth-kaartehuis met die selfdood van die stigter van dié beleggingsgroep, mnr. Riaan Potgieter, ineengestort en tientalle beleggers sowat N$104 miljoen verloor het, het die eissaak gister in die hoërhof in Windhoek begin.

Die Prowealth-skandaal, ’n Ponzi-skema wat vergelyk word met die Masterbond-sage van die 90’s, sloer nou al etlike jare sonder enige goeie nuus vir die 87 beleggers wat hul swaarverdiende geld kwyt is.

Die beleggers het in Maart 2012 saam met Prowealth Asset Managers (Pty) Ltd en die likwidateur van die maatskappy, mnr. Alwyn van Straten, ’n eissaak by die hoërhof ingedien waarin hulle nagenoeg N$104 miljoen van Namfisa as waghondliggaam vir die finansiële bedryf en ouditeursfirma Swart Grant Angula (SGA) geëis het.

Namfisa en SGA het beswaar aangeteken teen die eis en regter Maphios Cheda het in Janaurie 2014 in hul guns beslis. Hy het bevind dat die eis teen hulle tekortkominge bevat het en hulle as gevolg daarvan nie behoorlik teen die dagvaarding teen hulle kon pleit nie.

Die eisers het teen sy uitspraak appelleer, en in Junie 2016 het appèlregters Peter Shivute, Dave Smuts en Elton Hoff in hul guns beslis en die saak terugverwys na die hoërhof vir verhoor.

Die verhoor, wat vir ’n maand op die hofrol geplaas is, vind voor regter Herman Oosthuizen by die nuwe kommersiële hof in Schönleinstraat in Windhoek-Wes plaas. Dit is die eerste saak wat voor dié nuwe afdeling van die hoërhof dien.

Die eisers voer aan Namfisa en SGA het as toesighoudende owerheid en ouditeure nie hul pligte nagekom nie en was nalatig. Dit het Potgieter in staat gestel het om groot bedrae geld van beleggers wat hul geld by Prowealth Asset Managers belê het, te steel.

Hulle eis teen Namfisa en SGA beloop N$103,78 miljoen.

Die eisers voer aan Namfisa het in Augustus 2003 toegelaat dat Prowealth Asset Managers as ’n batebestuurder registreer ondanks die feit dat die maatskappy nie aan die vereistes voldoen het nie. Verder, sê hulle, het Namfisa toegelaat dat Prowealth Asset Managers hom aan die publiek en beleggers voordoen as ’n hoogs winsgewende maatskappy wat buitengewoon hoë opbrengste op beleggings betaal.

In werklikheid het Potgieter egter geld wat van beleggers ontvang is, gebruik om sy uitspattige leefstyl in stand te hou en om die uitgawes van ander maatskappye in die Prowealth-groep te betaal, beweer die eisers.

Hulle beweer ook dat SGA nie daarin geslaag het om Prowealth Asset Managers by Namfisa of ander owerhede aan te meld nie, ondanks die feit dat hulle besef het daar is iets verkeerd met die bestuur van die maatskappy.

Ander bewerings is dat SGA Potgieter gehelp het om die geld wat hy van beleggers gesteel het, te verbloem deur dit aanvanklik as lenings in die maatskappy se finansiële state te weerspieël en later ’n skema vir Potgieter te ontwikkel en om sodanige “lenings” in aandele om te skakel. - [email protected]

Soortgelyk

 

Nog leerlinge, gevangenes toets positief vir Covid-19

1 uur gelede | Gesondheid

Uit die 13 nuwe gevalle van Covid-19 is vyf leerlinge van skole in die hoofstad en wel twee van die Montessori-kindertuin, een elk van die...

Woede kook oor by Ngoma

16 ure gelede | Misdaad

Augetto Graig – Regeringsafgevaardigdes het laat Saterdagmiddag hul hande vol gehad om gemoedere by die Ngoma-grenspos te kalmeer toe ’n skare woedende inwoners uit die...

Totsiens, Shannon

16 ure gelede | Mense

Leandrea Louw op Walvisbaai – Roubeklaers het Saterdag in groot getalle opgedaag om finaal van me. Shannon Wasserfall (21) op Walvisbaai afskeid te neem.Sy is...

Nuwe ruimte vir naslaan, leer en lees

16 ure gelede | Geskiedenis

'n Splinternuwe mediategnologie-biblioteek is nou oop vir die publiek by die hoofkantoor van Namibia Media Holdings in Windhoek.Die herontwerpte argief is Vrydag amptelik in gebruik...

Vermoedelike reeksverkragter slaan weer toe

16 ure gelede | Misdaad

Kuskantoor – Die polisie in die Erongostreek ondersoek 'n voorval waar ’n aanvaller by ’n vrou (28) se huis in Walvisbaai ingebreek het, haar met...

Namibië se eerste Supra-vrou gekroon

16 ure gelede | Mense

Ná maande van intense mededinging is die 23-jarige Chanique Rabe Saterdagaand as die eerste Mej. Supranational Namibië bekroon. Saam met dié gesogte titel stap sy...

Antigeen-toetse vir reisigers na SA beskikbaar

16 ure gelede | Gesondheid

Antigeen-toetse om die coronavirus op te spoor, is volgens die Suid-Afrikaanse regering se inligtingsdiens (GCIS) by alle grensposte na die land beskikbaar.Dié toetse, wat van...

Regeringsbestuur: 'Prentjie lyk stroef'

16 ure gelede | Regering

Denver Kisting 'n Herhaling van die Fishrot-skandaal, die beweerde grootskaalse kaping van Namibiese viskwotas wat die afgelope jaar opspraak wek en twee oudministers agter tralies...

Seun (5) met kanker se gesin vra hulp

16 ure gelede | Mense

Ester KamatiDie Labuschagne-gesin op Otjiwarongo het onlangs die ontstellende nuus ontvang dat die vyfjarige Zu-Andre kanker het. Die diagnose het gevolg nadat bloed vroeg...