Protes in hakskoene

01 February 2019 | Kuns en vermaak
Yolanda Nel - Dumplin' speel af op 'n klein dorpie in Texas waar 'n ma en dogter hard probeer om die vrede te bewaar.

Dié fliek is gebaseer op Julie Murphy se 2015-roman met dieselfde titel. Willowdean Dickson (Danielle Macdonald), oftewel Dumplin', soos haar ma haar noem, word grotendeels deur haar tannie Lucy grootgemaak by wie sy 'n voorliefde vir Dolly Parton se musiek ontwikkel.

Dit is dan ook haar tannie wat haar aan Ellen Dryver (Odeya Rush) voorstel en die twee word onmiddellik boesemvriende.

Net voor Willowdean die laaste jaar van haar skoolloopbaan aandurf, sterf haar tannie skielik en moet sy en haar ma, Rosie (Jennifer Aniston), in een huis probeer saamleef. Rosie is 'n voormalige skoonheidskoningin en 'n bekende op die dorp. Omdat Willowdean nie die perfekte lyfie vir 'n skoonheidskoningin het nie, het sy en haar ma nie veel in gemeen nie.

Terwyl Willowdean besig is om haar tannie se besittings uit te sorteer, kom sy op 'n inskrywingsvorm af wat aandui Lucy wou self aan 'n bekende skoonheidskompetisie op die dorp deelneem. Sy besef haar tannie het moontlik nooit ingeskryf nie, omdat sy groot gebou is. Daarom besluit Willowdean om in te skryf as deel van 'n protes in hakskoene.

Benewens die feit dat dit haar ma ietwat dwars in die krop stuit, spoor dit ook ander meisies aan, wat nie noodwendig aan die vereistes voldoen nie, om deel te neem.

Beide ma en dogter leer deur die loop van die skoonheidskompetisie nie net meer omtrent hulself nie, maar ook meer van mekaar.

By tye loop die gemoedere hoog, maar dit is grotendeels 'n heerlike komedie wat jonk én oud kan geniet.

As jy net wil agteroorsit en 'n fliek wil geniet, trek jou dogter nader, of kry al jou vriendinne bymekaar.

Soortgelyk

 

‘Aarde lag deur haar gebarste gesig’

13 ure gelede | Weer

Ronelle Rademeyer – Groot dele van die Suide is vanoggend (Saterdag) sopnat.Die Facebook-blad Reën in Namibia van Philip Deetlefs is die ene jubelsange van dankbaarheid...

‘Aarde lag deur haar gebarste gesig’

13 ure gelede | Tuisblad

Ronelle Rademeyer – Groot dele van die Suide is vanoggend (Saterdag) sopnat.Die Facebook-blad Reën in Namibia van Philip Deetlefs is die ene jubelsange van dankbaarheid...

Parlement skop Woensdag sy werksaamhede af

1 dag gelede | Regering

Pres. Hage Geingob open Woensdag om 14:30 die Nasionale Vergadering se verrigtinge vir die jaar. Dit sal die negende sitting van die sesde parlement inlui.Die...

Registrasiefooie by NUST nou N$2 000 minder

1 dag gelede | Onderwys

Die Universiteit van Wetenskap en Tegnologie (Nust) se registrasiefooie is met N$2 000 van N$4 200 tot N$2 200 verminder. Dit volg nadat ouers en...

Man sterf in ongeluk naby Rehoboth

1 dag gelede | Ongelukke

‘n Man is Woensdag op slag dood nadat die voertuig waarin hy op reis was, die pad verlaat en omgeslaan het. Volgens die polisie se...

Grondwet mag nie ‘papierdroom’ wees

1 dag gelede | Mense

Ronelle Rademeyer - “Ons kan almal baie dankbaar wees vir die Grondwet wat ons geskryf en eenparig aanvaar het. Namibiërs se vryheid en beskerming lê...

Groter stoom vir TransNamib

1 dag gelede | Vervoer

font face="Verdana" > Augetto Graig - Die nasionale spoorwegonderneming TransNamib het ’n nuwe raad en strategiese besigheidsplan aangekondig waarmee die onderneming ’n nuwe rigting...

NSFAF: Finale betalings voor 28 Februarie

1 dag gelede | Onderwys

Die Finansiële Hulpfonds vir Namibiese Studente (NSFAF) het alle geld ontvang wat aan studente vir 2018-’19 uitbetaal moet word. Volgens die fonds het die verwerking...

Weer, Vrydag 8 Februarie 2019

1 dag gelede | Weer

BINNELAND: Sonning en bloedig warm in die verre noordweste. Elders sal dit gedeeltelik bewolk en baie tot bloedig warm wees met enkele tot wydverspreide donderbuie.KUS:...