Prospekteerdery begin weer by Hope-, Gorob-myn

Eksplorasiewerk vir metale soos goud, silwer en koper in die beskermde Naukluft-gebied wek kommer.
Catherine Sasman
Catherine Sasman



'n Geraamde N$10 miljoen tot N$20 miljoen sal aangewend word vir eksplorasiewerk vir metale en edelmetale in die Namib-Naukluft- Nasionale Park (NNNP), onderhewig aan 'n omgewingskla­ringsertifikaat van die ministerie van die omgewing en toerisme (MET).

Hope Gorob Mining (Pty) Ltd, 'n filiaal van 'n ongelyste openbare Australiese maatskappy, Virgo Resources Limited, het opdrag vir 'n omgewingsimpakstudie, 'n omgewingsbestekopnameverslag en 'n omgewingsbestuurplan gegee vir 'n eksklusiewe prospekteringslisensie (EPL) 5796.

Virgo Resources, wat 'n 70%-aandeel in Hope Gorob Mining (Pty) Ltd het en die projek bestuur, het 'n vennootskap met die ­Namibiese maatskappy MKH Tangible Investments aangegaan. Mnr. Tango Kandjaba is 'n direkteur van die maat­skappy.

Die besturende direkteur van Virgo Resources, dr. Quinton Hills, sê die Hope-Gorob-projek se doel is om met eksplorasiewerk te begin sodra 'n omgewingsklaringsertifikaat ­uitgereik word.

Hy kon nie aandui hoe lank die ­eksplorasiewerk sal duur nie, maar het gesê hulle hoop om reeds teen die middel van hierdie jaar te begin.

MKH Tangible Investments het aanvanklik 'n lisensie vir eksplorasie in Junie 2015 ontvang, maar dit het in Junie verlede jaar verval. Die lisensie is in Augustus verlede jaar hernu en is geldig tot September 2020.

Die Hope-Gorob-projek, wat geleë is by twee verlate myne in die NNNP, wil hoofsaaklik vir koper, goud en silver eksploreer.

Die omgewingskonsultant vir die projek, Alexandra Speiser van A. Speiser Environmental Consultants CC, het beklemtoon hierdie is nie 'n mynprojek nie.

“Tans word slegs meer eksplorasiewerk op die EPL-gebied beplan (nie mynbedrywighede nie). Die huidige omgewingsimpakstudie fokus slegs op verdere voorgestelde eksplorasie­werk,” het Speiser gesê.

Sy sê sou 'n lewensvatbare ertsliggaam vir toekomstige mynbedrywighede ontdek word, sal 'n algehele nuwe omgewingsimpakstudie uitgevoer moet word. 'n Aansoek om dit te myn, sal by die ministerie van myne en energie (MME) ingedien moet word en deur die MET goedgekeur moet word.



KOMMER OOR NAUKLUFT-PARK

Die feit dat die EPL binne die be­skermde NNNP val en daartoe kan lei dat nuwe mynbedrywighede in die ongerepte gebied begin, het daartoe gelei dat mense kommer oor die toekoms van die nasionale park uitspreek.

Die park, die grootste wildpark in Afrika en die vierde grootste in die wêreld, is Namibië se grootste bewaringsgebied en een van sy voorste toerismebestemmings.

'n Mate van eksplorasiewerk en mynbedrywighede in die ­sensitiewe woestyngebied het egter reeds in die verlede plaasgevind.

In 2007, tydens die park se honderdste bestaansjaar, het die woestynnavorser dr. Mary Seely, van die Desert Research Foundation, geskryf die inheemse mense, waarskynlik die Topnaars, het koper van die Hope- en Gorob-myn in die laat 1800's en vroeë 1900's gemyn.

In die vroeë 1900's is koper van die Hope- en Gorob-myn gemyn.

Speiser het gesê die MME en MET het in 2018 'n nasionale beleid oor prospektering en ­mynbedywighede in beskermde gebiede ontwikkel en uitgereik.

Sy sê volgens die beleid kan daar in sekere gebiede nie eksplorasiewerk of mynbedrywighede uitgevoer word nie – dit sluit in die Etosha- Nasionale Park, asook die Waterberg­plato- Nasionale Park.

Die beleid, het sy bygevoeg, stel voorvereistes op in beskermde gebiede, met spesifieke sones waar prospekteerdery en mynbedrywighede nie mag plaasvind nie.

“Die EPL (5796) val egter binne die Namib-Naukluft- Nasionale Park, maar dit val buite bogenoemde be­skermde sones. Die omgewingsklaringsproses sal egter moontlike impak op die omgewing identifiseer en evalueer – en veral daarvan kennis neem dat dit in 'n park geleê is. 'n Omgewingsbestuursplan sal as die 'finale produk' van die proses ontwikkel word,” het Speiser gesê.

Kommentaar

Republikein 2024-04-25

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea LaLiga: Sevilla 2 vs 1 Mallorca SerieA: AC Milan 1 vs 2 Inter Milan | AS Roma 1 vs 3 Bologna European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United Katima Mulilo: 15° | 34° Rundu: 15° | 34° Eenhana: 15° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 17° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 15° | 21° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:02, High tide: 04:02, Low Tide: 22:08, High tide: 16:27 Swakopmund: 15° | 16° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 04:00, Low Tide: 22:06, High tide: 16:25 Walvis Bay: 15° | 23° Wind speed: 35km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 03:59, Low Tide: 22:06, High tide: 16:24 Rehoboth: 16° | 31° Mariental: 19° | 32° Keetmanshoop: 19° | 32° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 14° | 25° Ariamsvlei: 18° | 31° Oranjemund: 14° | 21° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 31° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 15° | 20° Maseru: 12° | 26° Antananarivo: 14° | 26° Lilongwe: 14° | 27° Maputo: 20° | 27° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 16° | 24° Durban: 18° | 23° Johannesburg: 18° | 25° Dar es Salaam: 23° | 26° Lusaka: 18° | 29° Harare: 15° | 29° Currency: GBP to NAD 23.74 | EUR to NAD 20.39 | CNY to NAD 2.63 | USD to NAD 19.08 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.72 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.24 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.85 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1277.03 | USD to ZAR 19.1 | USD to ZMW 26.3 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74513.94 Up +0.68% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1545.38 Up +1.53% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13281.24 Up +0.26% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 321.68/OZ UP +0.23% | Copper US$ 4.50/lb UP +1.55% | Zinc US$ 2 880.40/T UP 2.61% | Brent Crude Oil US$ 87.42/BBP DOWN -0.0066 | Platinum US$ 897.56/OZ DOWN -0.0051 Sport results: Premier League: Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea LaLiga: Sevilla 2 vs 1 Mallorca SerieA: AC Milan 1 vs 2 Inter Milan | AS Roma 1 vs 3 Bologna European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United Weather: Katima Mulilo: 15° | 34° Rundu: 15° | 34° Eenhana: 15° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 17° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 15° | 21° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:02, High tide: 04:02, Low Tide: 22:08, High tide: 16:27 Swakopmund: 15° | 16° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 04:00, Low Tide: 22:06, High tide: 16:25 Walvis Bay: 15° | 23° Wind speed: 35km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 03:59, Low Tide: 22:06, High tide: 16:24 Rehoboth: 16° | 31° Mariental: 19° | 32° Keetmanshoop: 19° | 32° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 14° | 25° Ariamsvlei: 18° | 31° Oranjemund: 14° | 21° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 31° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 15° | 20° Maseru: 12° | 26° Antananarivo: 14° | 26° Lilongwe: 14° | 27° Maputo: 20° | 27° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 16° | 24° Durban: 18° | 23° Johannesburg: 18° | 25° Dar es Salaam: 23° | 26° Lusaka: 18° | 29° Harare: 15° | 29° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.74 | EUR to NAD 20.39 | CNY to NAD 2.63 | USD to NAD 19.08 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.72 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.24 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.85 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1277.03 | USD to ZAR 19.1 | USD to ZMW 26.3 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74513.94 Up +0.68% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1545.38 Up +1.53% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13281.24 Up +0.26% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 321.68/OZ UP +0.23% | Copper US$ 4.50/lb UP +1.55% | Zinc US$ 2 880.40/T UP 2.61% | Brent Crude Oil US$ 87.42/BBP DOWN -0.0066 | Platinum US$ 897.56/OZ DOWN -0.0051