Pro tip: Bring u2019n boek as jy detensie moet sit
Pro tip: Bring u2019n boek as jy detensie moet sit

Pro tip: Bring ’n boek as jy detensie moet sit

Karin Eloff
Ek moes my uitnodiging na ’n partytjie in Rome vir oopmondsoeners van die hand wys weens kommer oor die coronavirus. Hierdié “tong in die kies”-grappie was ’n leeftyd gelede (14 dae) snaaks genoeg vir meer as nege duisend opduime toe die bedreiging nog gelyk het of dit ver op die horison was, maar het soos ’n pap avokado glad nie goed verouder nie.

As jy in Rome is, moet jy maak soos die Romeine – bly by die huis onder kwarantyn. Simptome of nie, beskou jouself as hoogs aansteeklik vir elkeen wat jou pad kruis.

Ja, dit lyk of ’n stil aandjie tuis dalk binnekort ook ons voorland is. En met ’n stil aandjie bedoel ek die res van Maart en April.

Op ’n ernstiger noot, ’n ramp van hierdie afmetings bring die beste en die slegste in mense na vore. Die aanpassing om ingeperk te bly, is sover vir vele ’n vreemde uitdaging. Amper soos detensie sit.

In ’n Engelse koerant het ’n internasionale seiljagvaarder wat soloreise om die wêreld aangepak het, wenke gedeel hoe om sulke uitgerekte periodes van isolasie te hanteer.

Eerstens wys sy daarop dat die noodsaaklikheid van fisieke isolasie nie beteken dat jou brein afgeskakel moet word nie. Menslike kontak en ondersteuning is tydens ’n krisis- of stresvolle tyd van selfs groter belang en waarde. Laat tegnologie vir jou werk; daar is genoeg maniere.

Aanvaar dat ons moet aanpas by die nuwe omgewing waarin ons ons bevind. “As seiljagvaarder om die wêreld is ek daaraan gewoond dat my omgewing baie skielik verander weens kragte buite my beheer.

“In die komende weke en maande sal beperkings om ons lewens te behou en die effek van hierdie virus te verminder beslis daartoe lei dat ons kwaad, ontsteld, bekommerd of bevrees voel. Dit is natuurlike emosies, maar dit tap energie uit jou denke. Om ’n situasie te aanvaar, stel jou in staat om duideliker en met meer kalmte daaroor te dink,” skryf Dee Caffari.

Fokus net op wat jy kan beheer en moenie energie vermors deur jou te bekommer oor faktore buite jou beheer nie.

In die media word ons met inligting gebombardeer, maar indien jy vind die nuus stoot jou stresvlakke op, beperk liewer jou blootstelling daaraan. Wees dankbaar vir wat jy het, en vir wat jy wel kan doen. Wanneer dinge moeilik gaan, fokus net daarop om deur die volgende paar ure of die res van die dag te kom, eerder as die weke en maande van onsekerheid.

Die toekoms ná Covid-19 sal anders daar uitsien. Met hierdie werklikheid moet ons maar vrede maak. Moeder Natuur se vinger op die af-skakelaar gee ons die geleentheid om dinge in heroorweging te neem en ons gedrag ten goede te verander.

As die nood druk, is dit tyd vir nuutskepping en dalk is dit juis nou die regte tyd.

Moenie die virus laat wen deur nuttelose tydverdrywe soos om bloot die korreltjies in elke sak rys te tel, of jou boekrak volgens kleurskakerings te rangskik nie. Stel ’n roetine op en volg dit omdat dit fokus verskaf met redes om aan die gang te bly.

Is daar ’n projek binne jou versteek wat jy nog altyd wou aanpak, maar waarvoor jy nooit die tyd kon vind nie? Is daar in jou kop ’n boek wat wag om geskryf te word? Sien die geleenthede om jou raak om iets kreatief te doen.

Wie sou kon dink dat die introverte wat van skryf, skeppende kuns en tuinmaak hou, so ’n voordeel in hierdie apokalips sou hê?

Kommentaar

Republikein 2024-04-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Arsenal 5 vs 0 Chelsea | Fulham 1 vs 3 Liverpool | Aston Villa 3 vs 1 Bournemouth | Crystal Palace 5 vs 2 West Ham | Everton 2 vs 0 Nottingham Forest LaLiga: Sevilla 2 vs 1 Mallorca | Real Madrid 3 vs 2 Barcelona | Deportivo Alaves 2 vs 0 Atletico Madrid | Almería 1 vs 2 Villarreal | Getafe 1 vs 1 Real Sociedad SerieA: AC Milan 1 vs 2 Inter Milan | AS Roma 1 vs 3 Bologna | Monza 1 vs 2 Atalanta | Salernitana 0 vs 2 Fiorentina | Torino 0 vs 0 Frosinone | Sassuolo 0 vs 3 Lecce European Championships Qualifying: Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United | Blackburn Rovers 1 vs 3 Sheffield Wednesday FA Cup: Coventry City 3 vs 3 Manchester United English Championship: Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United | Blackburn Rovers 1 vs 3 Sheffield Wednesday Katima Mulilo: 14° | 35° Rundu: 15° | 35° Eenhana: 16° | 36° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 16° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 15° | 32° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 15° | 20° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 09:35, High tide: 03:35, Low Tide: 21:39, High tide: 15:58 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 32km/h, Wind direction: SW, Low tide: 09:33, High tide: 03:33, Low Tide: 21:37, High tide: 15:56 Walvis Bay: 15° | 24° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 09:33, High tide: 03:32, Low Tide: 21:37, High tide: 15:55 Rehoboth: 15° | 32° Mariental: 19° | 33° Keetmanshoop: 19° | 32° Aranos: 19° | 33° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 19° | 31° Oranjemund: 12° | 20° Luanda: 26° | 28° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 14° | 27° Mbabane: 14° | 24° Maseru: 12° | 26° Antananarivo: 16° | 24° Lilongwe: 15° | 28° Maputo: 21° | 26° Windhoek: 15° | 30° Cape Town: 16° | 20° Durban: 20° | 23° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 24° | 26° Lusaka: 17° | 29° Harare: 15° | 30° Currency: GBP to NAD 23.85 | EUR to NAD 20.54 | CNY to NAD 2.65 | USD to NAD 19.2 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.72 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.32 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.83 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 133.98 | USD to NGN 1251.05 | USD to ZAR 19.2 | USD to ZMW 26.1 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74010.81 Up +0.62% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1522.16 Down -0.31% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13246.66 Down -0.42% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26777.05 Down -4.86% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9132.5 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 320.80/OZ DOWN -0.0011 | Copper US$ 4.45/lb UP +0.99% | Zinc US$ 2 839.60/T UP 1.34% | Brent Crude Oil US$ 87.98/BBP DOWN -0.004 | Platinum US$ 901.31/OZ DOWN -0.0094 Sport results: Premier League: Arsenal 5 vs 0 Chelsea | Fulham 1 vs 3 Liverpool | Aston Villa 3 vs 1 Bournemouth | Crystal Palace 5 vs 2 West Ham | Everton 2 vs 0 Nottingham Forest LaLiga: Sevilla 2 vs 1 Mallorca | Real Madrid 3 vs 2 Barcelona | Deportivo Alaves 2 vs 0 Atletico Madrid | Almería 1 vs 2 Villarreal | Getafe 1 vs 1 Real Sociedad SerieA: AC Milan 1 vs 2 Inter Milan | AS Roma 1 vs 3 Bologna | Monza 1 vs 2 Atalanta | Salernitana 0 vs 2 Fiorentina | Torino 0 vs 0 Frosinone | Sassuolo 0 vs 3 Lecce European Championships Qualifying: Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United | Blackburn Rovers 1 vs 3 Sheffield Wednesday FA Cup: Coventry City 3 vs 3 Manchester United English Championship: Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United | Blackburn Rovers 1 vs 3 Sheffield Wednesday Weather: Katima Mulilo: 14° | 35° Rundu: 15° | 35° Eenhana: 16° | 36° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 16° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 15° | 32° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 15° | 20° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 09:35, High tide: 03:35, Low Tide: 21:39, High tide: 15:58 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 32km/h, Wind direction: SW, Low tide: 09:33, High tide: 03:33, Low Tide: 21:37, High tide: 15:56 Walvis Bay: 15° | 24° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 09:33, High tide: 03:32, Low Tide: 21:37, High tide: 15:55 Rehoboth: 15° | 32° Mariental: 19° | 33° Keetmanshoop: 19° | 32° Aranos: 19° | 33° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 19° | 31° Oranjemund: 12° | 20° Luanda: 26° | 28° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 14° | 27° Mbabane: 14° | 24° Maseru: 12° | 26° Antananarivo: 16° | 24° Lilongwe: 15° | 28° Maputo: 21° | 26° Windhoek: 15° | 30° Cape Town: 16° | 20° Durban: 20° | 23° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 24° | 26° Lusaka: 17° | 29° Harare: 15° | 30° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.85 | EUR to NAD 20.54 | CNY to NAD 2.65 | USD to NAD 19.2 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.72 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.32 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.83 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 133.98 | USD to NGN 1251.05 | USD to ZAR 19.2 | USD to ZMW 26.1 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74010.81 Up +0.62% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1522.16 Down -0.31% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13246.66 Down -0.42% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26777.05 Down -4.86% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9132.5 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 320.80/OZ DOWN -0.0011 | Copper US$ 4.45/lb UP +0.99% | Zinc US$ 2 839.60/T UP 1.34% | Brent Crude Oil US$ 87.98/BBP DOWN -0.004 | Platinum US$ 901.31/OZ DOWN -0.0094