Pro-aborsiemosie in NV: Revolusie broei in Nudo
Pro-aborsiemosie in NV: Revolusie broei in Nudo

Pro-aborsiemosie in NV: Revolusie broei in Nudo

Die adjunkminister en voormalige dosent glo die wettiging van aborsie is nie net in die beste belang van vroue nie, maar ook vir die land in geheel.
Tanja Bause
Jemima Beukes



Die adjunkminister van gesondheid, dr. Esther Muinjangue, staar 'n revolusie van binne die National Unity Democratic Organisation (Nudo) in die gesig oor die mosie van pro-aborsie wat sy verlede jaar aan die parlement voorgelê het.

Dié Nudo-wetgewer het die mosie verlede jaar in Junie in die Nasionale Vergadering (NV) voorgelê om aborsies in die land te wettig.

Muinjangue, 'n voormalige dosent vir maatskaplike werk by die Universiteit van Namibië (Unam), glo die wettiging van aborsies is nie net in die beste belang van vroue nie, maar wel die land in geheel.

Sy het bygevoeg aborsies word alreeds in gemeenskappe uitgevoer, alhoewel dit onwettig is.

In 'n versoekskrif wat bekommerde lede verlede maand aan die leier­skap van dié party oorhandig het, het die groep se woordvoerder, mnr. Benestus Uahupirapi, gesê die mosie is voorgelê sonder om die “tradisie en godsdienstige goedkeurings” van sy kiesers in ag te neem.

Die groep beskuldig die leierskap dat hulle naïef is oor die waardes van die party en sy lede en het bygevoeg aangesien meeste Namibiërs Christene is, moet die land deur Bybelse beginsels regeer word.



'ABORSIE, LGBTQI NIE NORME'

“Deur net dié feit in ag te neem, was Nudo nie die een wat die agenda van so 'n kontroversiële saak moes dryf sonder om die kulturele norme en godsdiens van sy stemgeregtigde lede in ag te neem nie.

“Die mosie is miskien moreel reg, maar dit is polities verkeerd,” lui die versoekskrif.

“Aborsie en LGBTQI is nie in ons kiesers se godsdienstige en kulturele norme nie, dus kan ons nie aan die voorpunt van sulke mosies staan nie.

“Dit beteken nie dat Nudo diegene veroordeel wat deur die seldsame en komplekse toestande beïnvloed word nie.

“Nudo respekteer menseregte, maar ondersteun nie onsedelike gedrag nie,” staan in die versoekskrif.

Muinjangue het Woensdag gesê Uahupirapi het die reg om met haar te verskil, maar hy moet die mosie lees en leer hoe die parlement werk.

Die woordvoerder van Aids and Rights Alliance for Southern Africa, mnr. Paleni Amulungu, sê die rol van politieke leiers is om die regte op liggaamlike outonomie en integriteit te bevorder, sodat seksuele en voortplantingsgesondheid en regte vir almal kan realiseer.

Sy sê dit is die verantwoordelikheid van die regering en leiers soos Muinjangue om die regte van alle mense te bevorder en te beskerm ingevolge die Handves van Menseregte.

Hulle moet ook die nodige dienste vir alle mense, insluitend minderheidsgroepe en gemarginaliseerde mense bied.

Amulungu het gesê die verwesenliking van seksuele en voortplantingsgesondheid en -regte, met toegang tot aborsiedienste, is van kardinale belang vir die welstand van individue en die ontwikkeling van die land.

“Toegang tot veilige aborsie, insluitend sorg ná aborsie, is 'n sleutelkomponent vir vroue en meisies se seksuele en gesondheidsregte.

“Lande het bindende menseregte verantwoordelikhede om te verseker dat vroue toegang tot veilige aborsies het, ooreenkomstig met hulle reg op gesondheid, gelykheid en geen diskriminasie.

“Gesondheidsbeleide, strategieë en riglyne moet nie-diskriminerende toegang tot veilige aborsie en post-aborsiesorg verseker,” het sy gesê.

- [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Celta Vigo 4 vs 1 Las Palmas | Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio European Championships Qualifying: Leicester City 2 vs 1 West Bromwich Albion English Championship: Leicester City 2 vs 1 West Bromwich Albion Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!