Private universiteit kom glo in Windhoek
Elvira Hattingh – Curro Holdings, die JSE-genoteerde onafhanklike skolegroep in Suid-Afrika, beplan glo om ’n private universiteit op 1 Januarie 2018 in Windhoek te open. Volgens ’n voorlopige kennisgewing wat in Windhoek Gimnasium se skolenuusbrief Gimmie News gepubliseer is, is ’n openbare inligtingsvergadering reeds Maandag hieroor by die skool gehou om planne vir die universiteit te bespreek.
Die beplande universiteit sal glo teologie-, verpleging-, BCom-, BAcc- en BSc-kursusse aanbied wat aan hoë internasionale graderings en akkreditasie voldoen. Die doel is om in die behoeftes van die Namibiese samelewing en besighede te voorsien en ’n sterk fokus sal op gesonde studente-vermaak val.
Me. Colette Rieckert, direkteur van Windhoek Gimnasium, het gister aan Republikein gesê hulle word in hierdie stadium gekortwiek met dít wat hulle nou reeds aan die publiek en die media kan bekend maak. Die rede hiervoor is dat Curro ’n internasionaal gelyste maatskappy is en dat hulle steeds met onderhandelinge met betrokke partye besig is. “Teen die einde van die maand behoort ons meer inligting beskikbaar te kan stel,” het sy gesê.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie