Private mediese fondse wil entstowwe betaal
Private mediese fondse wil entstowwe betaal

Private mediese fondse wil entstowwe betaal

Henriette Lamprecht
Henriette Lamprecht – Private mediese fondse wat onder die vaandel van die Vereniging vir Mediese Fondse in Namibië (Namaf) val, is voorbereid en gewillig om die koste van die immunisering van geregistreerde lede en afhanklikes tussen 16 en 85 jaar teen Covid-19 ten volle te vereffen – insluitend die aankoop van entstof, logistiek, berging en administrasie.

Tans is daar 140 000 lede en afhanklikes in dié kategorie wat vir die entstowwe in aanmerking kom.

Dié inligting is vervat in ’n brief deur Namaf se uitvoerende hoof, mnr. Stephen Tjiuoro aan die ministers mnr. Iipumbu Shiimi (finansies) en dr. Kalumbi Shangula (gesondheid en maatskaplike dienste), sowel as die registrateur van mediese fondse, mnr. Kenneth Matomola.

Sy brief volg op verskeie vergaderings tussen bogenoemde partye en na aanleiding van die regering se versoek vir finansiële steun vir die aankoop van Covid-19-entstowwe.

Vrae deur fondse aan die ministeries sluit onder meer in hoe die geld vir die aankoop van entstowwe vir lede en afhanklikes ingesamel sal word. In dié verband sê Tjiuoro sommige van die fondse stem ooreen dat geld hiervoor in die bestaande bankrekening betaal word wat deur die kantoor van die eerste minister geopen is.

Fondse het ook die behoefte uitgespreek vir ’n waarborg van die regering vir die immunisering van hul lede en afhanklikes. Sommige van die fondse het as alternatief voorgestel dat hulle slegs die geld proporsioneel vir die immunisering van hul lede en afhanklikes en soos in lyn met die uiteengesette fases inbetaal.

Volgens Tjiuoro is van die fondse egter van mening die regering moet, afhangend van bekostigbaarheid, al die entstowwe met sy hulpbronne aankoop en die fondse geld vra vir alle verwante koste as ’n vergoeding ná die toediening van die entstof.

Met verwysing na die uitbetaling van Covid-19-entstofeise het alle openbare hospitale ’n praktyknommer om die erkenning van eise deur die regering met betrekking tot geïmmuniseerde lede van mediese fondse te fasiliteer.

Volgens Tjiuoro wil Namaf egter as lid van die Nasionale Covid-19 Immuniseringstaakspan graag antwoorde hê oor wat die allesomvattende koste per persoon vir Covid-19 is, sou geld vir die aankoop van die entstowwe met betrekking tot lede en hul afhanklikes vooruit oorgedra word; of ’n waarborg vir hul immunisering verskaf sal word; en of die regering die administrasie van die Covid-19-entstof sal desentraliseer om deur private gelisensieerde gesondheidsgeriewe bestuur te word.

Namaf wil ook weet of die regering ontvanklik daarvoor is om die entstof aan te koop en dat eise vir vergoeding van al die verwante koste vir lede en afhanklikes deur bestaande vergoedingskanale ingedien word.

Gegewe die uiteenlopende menings van fondse as aparte regsentiteite, was die voorstel volgens Tjiuoro dat die ministerie van gesondheid riglyne uitreik oor die insameling van geld by fondse vir die aankoop en administrasie van die entstowwe aan lede en hul afhanklikes.

Met betrekking tot Psemas wat nie onder Namaf se vlerk is nie, het die minister van finansies vroeër vanjaar tydens die voorlegging van die nasionale begroting N$2,6 miljard aan dié fonds toegeken, waarvoor N$484 miljoen uitgesonder is vir die aankoop en verspreiding van die entstof.

Namaf se woordvoerder, me. Uatavi Mbai, het bevestig mediese fondse sal vir lede se immuniserings betaal. Hierdie vergoedingsmodel moet egter nog bevestig word. Mbai het ook gesê behandeling vir enige newe-effekte wat mediese behandeling vereis, sal ook gedek word.

Die Covid-19-entstowwe word tans gratis deur die staat aan die verwante geoormerkte groepe voorsien.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-03-28

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 37° Rundu: 17° | 33° Eenhana: 18° | 33° Oshakati: 20° | 31° Ruacana: 19° | 33° Tsumeb: 17° | 29° Otjiwarongo: 16° | 28° Omaruru: 18° | 31° Windhoek: 17° | 28° Gobabis: 17° | 28° Henties Bay: 16° | 19° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:54, High tide: 04:57, Low Tide: 22:58, High tide: 17:16 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 29km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:55, Low Tide: 22:56, High tide: 17:14 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 33km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:54, Low Tide: 22:56, High tide: 17:13 Rehoboth: 18° | 29° Mariental: 22° | 32° Keetmanshoop: 21° | 34° Aranos: 21° | 31° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 23° | 34° Oranjemund: 15° | 21° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 24° Mbabane: 15° | 23° Maseru: 12° | 28° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 29° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 28° Cape Town: 17° | 23° Durban: 21° | 25° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 18° | 30° Harare: 15° | 31° Currency: GBP to NAD 23.84 | EUR to NAD 20.41 | CNY to NAD 2.62 | USD to NAD 18.93 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.8 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.33 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1415.13 | USD to ZAR 18.93 | USD to ZMW 25.01 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74536 Up +0.85% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1528.69 Up +0.84% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12986.94 Up +0.04% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 27559.35 Down -2.36% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 219.21/OZ UP +1.30% | Copper US$ 3.99/lb UP +0.07% | Zinc US$ 2 455.50/T UP 0% | Brent Crude Oil US$ 87.59/BBP UP +1.39% | Platinum US$ 907.33/OZ UP +1.39% Sport results: Weather: Katima Mulilo: 19° | 37° Rundu: 17° | 33° Eenhana: 18° | 33° Oshakati: 20° | 31° Ruacana: 19° | 33° Tsumeb: 17° | 29° Otjiwarongo: 16° | 28° Omaruru: 18° | 31° Windhoek: 17° | 28° Gobabis: 17° | 28° Henties Bay: 16° | 19° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:54, High tide: 04:57, Low Tide: 22:58, High tide: 17:16 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 29km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:55, Low Tide: 22:56, High tide: 17:14 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 33km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:54, Low Tide: 22:56, High tide: 17:13 Rehoboth: 18° | 29° Mariental: 22° | 32° Keetmanshoop: 21° | 34° Aranos: 21° | 31° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 23° | 34° Oranjemund: 15° | 21° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 24° Mbabane: 15° | 23° Maseru: 12° | 28° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 29° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 28° Cape Town: 17° | 23° Durban: 21° | 25° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 18° | 30° Harare: 15° | 31° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.84 | EUR to NAD 20.41 | CNY to NAD 2.62 | USD to NAD 18.93 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.8 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.33 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1415.13 | USD to ZAR 18.93 | USD to ZMW 25.01 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74536 Up +0.85% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1528.69 Up +0.84% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12986.94 Up +0.04% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 27559.35 Down -2.36% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 219.21/OZ UP +1.30% | Copper US$ 3.99/lb UP +0.07% | Zinc US$ 2 455.50/T UP 0% | Brent Crude Oil US$ 87.59/BBP UP +1.39% | Platinum US$ 907.33/OZ UP +1.39%