Private kragopwekking kry wind van voor in parlement

05 December 2019 | Energie
Philda Essop



Natasha Mazzone, DA-hoof­sweep, het dalk Dinsdag die wind sterk van voor gekry oor aspekte van haar private wetsontwerp om ­goedkoper elektrisiteit te ­verseker, maar dit het haar nie ­afgeskrik om haar steeds sterk daarvoor uit te spreek nie.

Sy het die Wetsontwerp op die Onafhanklike Elektrisiteitsbestuursoperateur (IEMO) – 'n private lede-wetsontwerp wat daarop gemik is om goedkoper elektrisiteit te verskaf – aan die parlementêre portefeulje­komitee oor minerale en energie voorgehou.

Mazzone het verduidelik dat die wetsontwerp daarop gemik is om Eskom se monopolie te verbreek wat betref die opwekking van elektrisiteit.

Ingevolge daarvan moet 'n private maatskappy, die Onafhanklike Elektrisiteitsbestuursoperateur (IEMO), tot stand gebring word.

Dit sal nie 'n staatsentiteit wees nie, maar “ook nie 'n gewone private maatskappy” nie. Aandeelhouding in die maatskappy sal beperk wees – die staat mag nie aandele daarin besit nie. Dit sal funksioneer as 'n openbare-private-vennootskap – soos die ­Reserwebank.

'n Direksie van tien direkteure sal die maatskappy bestuur, waarvan vyf deur die minister van minerale bronne en energie en vyf deur die aandeel­houers aangestel sal word.

“IEMO sal help om die mark vir die opwekking van elektrisiteit vir ander rolspelers oop te maak. Onafhanklike kragprodusente sal die geleentheid gegee word om dieselfde toegang tot die elektrisiteitsmark te hê as Eskom. Die onafhanklike kragprodusente sal self die risiko neem vir die opwekking van elektrisiteit en IEMO sal slegs betaal vir elektrisiteit wat gelewer word en vir die stabiliteit wat verskaffing betref.”

Die funksies van die onafhanklike operateur sal volgens Mazzone onder meer die bestuur van die elektrisiteitsnetwerk behels. Dit sal ook as 'n handelaar optree in pas met regeringsbeleid, deelneem aan die beplanning vir kragverskaffing; die instandhouding van die kragnetwerk, en doeltreffende kragverspreiding verseker.

Verskeie LP's, insluitende Mikateko Mahlaule, ANC-LP, het die feit dat die IEMO 'n private maatskappy sal wees, as “problematies” bestempel. Hy het daarop gewys dat die wetsontwerp 'n “private maatskappy skep om 'n openbare funksie” te verrig.

“Openbare funksies kan nie uitgevoer word deur 'n private maatskappy nie omdat dit 'n funksie van die staat is,” het hy aangevoer.

Mazzone het gesê dat mededinging is noodsaaklik is in 'n groeiende ekonomie en Eskom het klaaglik in sy taak misluk. – Netwerk24

Soortgelyk

 

KOLLIG Voorblad

1 dag gelede | Byvoegsels

Swakop hou Makietie bl. 4

ECN gaan Itula se aansoek teenstaan

1 dag gelede | Politiek

Denver Kisting – Vanweë die beweerde negatiewe uitwerking van elektroniese stemtoestelle (EVM’s) in die afgelope presidensiële verkiesing moet die proses tersyde gestel word.Dr. Panduleni Itula,...

Ekonomie bloei lánkal

1 dag gelede | Plaaslik

Jo-Maré Duddy – Ekonomiese groei het reeds in 2015 skerp begin tuimel sonder dat dit deur amptelike syfers weerspieël is, toon nuwe data wat gister...

NOU AAN DIE GANG

1 dag gelede | Byvoegsels

» Die Swakopmund Wetenskaplike Vereniging bied tans ‘n Kersfees-skattejag by die Swakopmund Museum aan. Dit bestaan uit twee afdelings, een vir kinders en een vir...

Geskorste raadslede van Rehoboth herkies

1 dag gelede | Regering

Denver Kisting op Rehoboth – Dieselfde span raadslede wat verlede jaar deur dr. Peya Mushelenga, die minister van stedelike en landelike ontwikkeling, in die pad...

Weer vir 13 Desember 2019

1 dag gelede | Weer

BINNELAND: Mooi weer en baie tot bloedig warm in die Suide. Elders sal dit gedeeltelik bewolk en baie tot bloedig warm wees. Winderige weer sal...

STEMFEITE: NAM & SA 2019

1 dag gelede | Politiek

In Namibië het Swapo persentasiegewys meer steun ingeboet as die ANC in Suid-Afrika.

NamibRe: Versekeraars moet 12,5% sedeer

1 dag gelede | Howe

Elvira Hattingh Plaaslike versekeringsmaatskappye móét voorts vir herverseke­ring by NamibRe opdok - tot tyd en wyl daar in 'n hangende hofsaak oor die wettigheid van...

CoW baklei teen beslaglegging

1 dag gelede | Regering

Denver Kisting – Die Windhoekse munisipaliteit (CoW) baklei tans verbete teen ’n beweerde beslagleggingsbevel wat poog om van hul vaste bates te konfiskeer.Veertien superintendente verbonde...